Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 7 April 2024
    Die span praat oor verduisterings. Ons hoor van verduisteringsjagter Paul Maley, wat die algehele sonverduistering van 8 April oor Amerika vanaf ’n passasierskip gaan waarneem. Matie onthou hoe vegvliegtuie die maan se skaduwee gejaag het om ’n algehele sonverduistering langer uit te rek. Jim Adams vertel hoe NASA ruimtetuie gebou het wat ’n permanente kunsmatige verduistering kan produseer. Het jy geweet dat tydens ’n algehele sonsverduistering, die skadukol wat die maan se skaduwee op die aarde gooi, slegs ’n paar honderd kilometer in deursneë is, en dat dit ongeveer so vinnig soos Concorde of ’n vegvliegtuig beweeg?
    27 min
  • Sterre en planete 31 Maart 2024
    Lafras Smit vertel waarna ons kan kyk in April se naghemel. Willie Koorts neem ons op reis deur die geskiedenis van Sterre en Planete - van ’n oorspronklike 5 minuut lange insetsel in Hennie Maas se Dondagaandskof 23 jaar gelede, tot waar dit ’n volwaardige program geword het. Luister weer hoe Louis Barendse se stem geklink het. Die span vertel ook met verwondering hoe Hennie dit vermag het om ’n spesialisvak soos Sterrekunde so toeganklik en gewild gemaak het. Het jy geweet daar was destyds ’n “verduisteringstrein” na die algehele sonsverduistering in 2002? Rina Hugo, Johan van Rensburg en hulle twee kinders was ook op hierdie trein.
    26 min
  • Sterre en planete 24 Maart2024
    Het jy al gehoor van die Toppieshoek Sterrewag buite Pretoria? Dit huisves die teleskoop wat die beroemde ontdekking van die naaste ster aan die son gedoen het. Prof. Matie Hoffman vertel meer van hierdie geskiedkundige sterrewag met ‘n verbintenis met die oudste universiteitsterrewag in die wêreld, wat dateer uit 1633? Dit word gehuisves op ’n terrein waar menslike aktiwiteit terugdateer na 350 na-Christus. SpaceX het pas die derde toetsvlug van die grootste vuurpyl wat nog ooit gebou is, suksesvol voltooi. Willie Koorts praat oor hierdie belangrike mylpaal in ruimtereise.
    26 min
  • Sterre en planete 17 Maart 2024
    Tydens die Voyager-vlugte is ‘n spesiale plaat saam met die satelliete gestuur, wat sekere elemente op die aarde aandui. Ruimtewetenskaplikes is besig met voorbereiding vir ‘n soortgelyke vlug na Europa, een van Jupiter se mane. Wetenskaplikes werk ook aan die ontwikelling van sonpanele wat ‘n duisend keer doeltreffender is as dié wat op aarde gebruik word. En, waarom sien mens net die een kant van die maan?
    25 min
  • Sterre en planete 10 Maart 2024
    Nagglanswolke is van die hoogste wat daar is. Willie Koorts vertel meer van hierdie interessante verskynsel. ‘n Kernreaktor wat dieselfde soort kernreaksie as die son gebruik, word tans ontwikkel. Die mikpunt is om in Provence, Frankryk, op nywerheidskaal uiteindelik kernenergie te ontwikkel. Die South African Large Telescope is, soos die naam aandui, die grootste teleskoop in Suid-Afrika. Die vraag is of dit ’n spieël- of refraktorteleskoop is.
    29 min
  • Sterre en planete 3 Maart 2024
    Ons vind meer uit oor die maansendings, Odyseus en Peregrine. Is dit moeiliker om op die maan te land as op Mars? Mars het ‘n baie dun atmosfeer, en die maan geen atmosfeer nie. NASA neig al hoe meer in die rigting om private maatskappye te gebruik om loonvrag te vervoer.
    29 min
  • Sterre en planete 25 Februarie 2024
    Suid-Afrika se eerste satelliet, Sunsat, is 25 jaar gelede gelanseer. Ons praat met Sias Mostert wat betrokke was by die ontwikkeling van die satelliet. Watter planeet is die warmste, Venus of Mercurius?
    29 min
  • Sterre en planete 18 Februarie 2024
    Willie Koorts kyk na die geskiedenis van die twee baanbreker Marsvoertuie, Spirit en Opportunity. Daar is nou vasgestel dat die Arktiese water meer koolsuurgas vrystel as normaalweg. Waarom gebeur dit? Wat is die implikasies? Die Diepruim-netwerk speel ‘n belangrike rol in kommunikasie met ruimtetuie. Die netwerk is geleë in die VSA, Australië en Spanje. Daar is ‘n belangrike verandering aangebring aan een van die teleskope in die VSA.
    27 min
  • Sterre en planete 11 Februarie 2024
    Die Melkweg en Andromeda is stadig besig om nader aan mekaar te beweeg. Wat sal gebeur wanneer hulle “bots”? Die son speel ‘n kardinale rol vir lewe op aarde. Stefan Lotz verduidelik waarom ons ster se korona warmer is as die son self.
    27 min
  • Sterre en planete 4 Februarie 2024
    Japie van Zyl se helikopter op Mars, het sy laaste vlug onderneem. Japie het destyds in Sterre en Planete gesê dat hy ‘n span het wat die helikopter daar geplaas het, maar ons weet dat dit eintlik sy projek was. Ons praat oor die laaste vlug, en hoe die werkverrigting van die tuig alle verwagtings oortref het. Daar is planne om teleskope op die maan te bou. Dit sal aan die wegkant van die maan opgerig word. Die Osiris Rex-tuig wat monsters van die Bennu-asteroïde terug aarde toe gebring het, het uiteidelik sy vonds sigbaar gemaak. Tegnici het gesukkel om die deksel van die houer oop te maak.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.