Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 28 Januarie 2024
    Die Melkweg is deel van ‘n plaaslike groep, wat weer deel van ‘n tros sterrestelsels is. Matie Hoffman praat oor ‘n besondere sirkelvormige groep stelsels. Japan se ruimte-agentskap, Jaxa, het onlags ‘n tuig na die maan gestuur. Dit het ongelukkig op sy sy beland. Dit beteken dat die sonpanele nie behoorlik kan funksioneer nie.
    29 min
  • Sterre en Planete 21 Januarie 2024

    Zandré Duvenhage werk vir ‘n organisasie wat in Nijmegen, Nederland gevestig is.  Die organisasie, die Radbout Universiteit, is baie aktief in Namibië waar Zandré gesetel is.Hulle beoog om die Afrika Millimeter radio teleskoop by Gamsberg op te rig.

    28 min
  • Sterre en Planete 14 Januarie 2024

    ‘n Vuurpyl wat deur die United Launch Alliance gelanseer is na die maan toe kon nie sy sending voltooi nie.  Willie Koorts verduidelik wat fout gegaan het.  Hy praat ook oor ‘n miniatuur aandrywingstelsel vir ‘n mikrosatelliet.

    27 min
  • Sterre en planete 7 Januarie 2024

    Een van die die belangrikste ruimtesendings wat vanjaar beplan word is die lansering van die Artemis vuurpyl wat uiteindelik weer mense op die maan gaan plaas. Dit word bespreek in Sondagaand se Sterre en Planete. Die deelnemers is Jim Adams van die VSA en Matie Hoffman.

    28 min
  • Sterre en planete 31 Desember 2023

    Toe die Voyager tuie in die sewentiger jare gelanseer is, is ‘n goue plaat saamgestuur. In Sterre en Planete vanaand gesels die span of dié plaat nog enige nuut het in die digitale eeu.  Die Voyagers is tans die tuie wat die verste van die son af is.  Oudergewoonte is Lafras Smit ook op sy pos om meer te vertel wat in Januarie in die lugruim te sien gaan wees. Die spanlede van Sterre en Planete is Willie Koorts, Matie Hoffman en Lafras Smit.  Hennie Maas is die programleier.

    26 min
  • Sterre en planete 24 Desember 2023

    Hoe voel dit om aand vir aand na die hemel te tuur op soek na klein sterretjies?  Dit is wat Magda Streicher van Polokwane doen. Sy is een van die gaste vanaand in Sterre en Planete en sy praat oor haar projek om die sg Kaapse wolkies – die Groot en Klein Magelaanse wolke, in diepte te bestudeeer.

    28 min
  • Sterre en planete 17 Desember 2023

    Nasa word dikwels besptempel as ‘n organisasie wat net met ruimtesake te doen het. Een van Sterre en Planete se luisteraars, Johan le Roux, het onlangs opgemerk dat twee vliegtuie van Nasa besig was om opmetings oor die Kaap te doen. Willie Koorts verduidelik Sondagaand in Sterre en Planete wat die doel van die projek was.

    28 min
  • Sterre en planete 10 Desember 2023

    Stefan Lotz van die Suid-Afrikaanse ruimte agentskap is elke tweede Sondag van die maand ‘n gas op Sterre en Planete.  Hy praat Sondagaand oor ‘n baie aktiewe son.  Aurora’s kom nie net op aarde voor nie maar ook by ander planete sê Stefan.

    24 min
  • Sterre en planete 3 Desember 2023

    Jim Adams van die VSA en vorige tegniese hoof van Nasa is Sondagaand die gas in Sterre en Planete. Hy gesels oor ‘n interessante samewerkingsprojek wat binnekort tussen Suid-Afrika en die VSA van stapel gestuur word.

    25 min
  • Sterre en planete 26 November 2023
    A rapid unscheduled disassembly. Dis wat die Amerikaners sê toe die Starship-vuurpyl onlangs ontplof het. Willie Koorts gee ‘n uiteensetting van wat gebeur het. Die tradisionele metode om ruimtetuie aan te dryf is deur middel van vuurpyle. Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n groep ruimte wetenskaplikes ‘n motor ontwikkel het, wat aangedryf word deur plasma.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.