Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 16 Junie 2024
    Ons het twee verrassingsgaste, albei  passievolle onderwysers van plattelandse skole wat ongelooflike potensiaal uit leerders haal deur middel van sterrekunde. Ons hoor ook van hulle leerders, en hoe hulle hierdie unieke aanslag geniet.
    30 min
  • Sterre en planete 9 Junie 2024
    Dr. Stefan Lotz van SANSA praat oor die aktiwiteite van die son, veral oor die terugkeer van die sonvlekgroep wat in Mei die skouspelagtige Moedersdag-aurora veroorsaak het. Professor Matie Hofman vertel van antieke ysteritems wat meer waardevol is as hulle goud- en silwer eweknieë. Die rede hiervoor is dat die yster uit die ruimte afkomstig was. Ons kyk ook na al die onlangse geskiedenismakende vuurpyllanserings en maanlandings.
    27 min
  • Sterre en planete 2 Junie 2024
    Ons hoor van ’n onlangse besoek van Jim Adams aan Suid-Afrika, Matie Hoffman aan Kaapstad en Willie Koorts aan Namibië.  Hulle bespreek twee interessante ruimtesendings - een waar ’n miljardêr in samewerking met SpaceX, vir ’n privaatsending wil betaal om die Hubble Ruimteteleskoop te diens om sodoende weer sy lewe te verleng. Ons gesels ook oor ’n nuwe sonseil, so groot soos ’n woonstel, wat onlangs lanseer is en binnekort sal ontplooi.
    29 min
  • Sterre en planete 26 Mei 2024
    Prof. Matie Hoffman beantwoord ’n luisteraarsvraag oor hoe dit moontlik is om die seevlakmeting met ’n akkuraatheid van tot 1 mm te meet. Soos gewoonlik op die laaste Sondag van die maand, vertel Lafras Smit wat ons in Junie se naghemel sal kan sien. Ons hoor ook hoe sy sterrewag werk, en watter kameras hy deesdae die mees fantastiese astrofoto’s mee neem. In ruimteraai wou ons by Lafras hoor wat die hemelpool is, en hoekom dit belangrik is vir astrofotografie.
    28 min
  • Sterre en planete 19 Mei 2024
    Ons verrassingsgas het eers ‘n kursus in kinder en jeugsorg gedoen, toe teologie studeer, en uiteindelik ’n meestergraad in hoër onderwys verwerf.  Hy is ’n ensiklopedie van die geskiedenis van die enigste stad ooit wat twee internasionale sterrewagte gehuisves het, waarvan een in ’n wildreservaat. Ons praat ook met dr. Stefan Lotz van SANSA oor die rare skouspel wat verlede naweek in die hemelruim afgespeel het, naamlik die Aurora Australis, of te wel die Suiderligte.
    29 min
  • Sterre en planete 12 Mei 2024
    Daar was onlangs ’n gebeurtenis op die son waar vier uitbarstings binne minute van mekaar ontspring het. Dr. Stefan Lotz verduidelik hoe dit gebeur dat sulke statisties onmoontlike kettingreaksies gelei het tot ’n nuwe nis-wetenskap. Ons gesels uitgebreid oor die vloot satelliete wat ons naaste ster, die Son, voortdurend bestudeer. In ons besoek aan die argiewe, luister ons hoe inbelprogramme destyds geklink het. En, wat is die verskil tussen die donkerkant en die agterkant van die maan?
    29 min
  • Sterre en planete 5 Mei 2025
    Matie en Willie gesels uitgebreid met Jim Adams oor Boeing Starliner, wat as alles goed verloop, op Maandag 5 Mei vir die eerste keer ruimtevaarders na die Internasionale Ruimtestasie sal neem. Ons gesels ook oor ‘n video van die Juno-ruimtetuig van ‘n lawameer op die maan, Io. NASA het die groen lig gegee vir nóg ’n helikopter, dié keer op een van Saturnus se mane.
    28 min
  • Sterre en planete 28 April 2024
    Ons sit ons reeks voort van klanke uit die Sterre en Planete-argief, maar dié keer met ’n effense kinkel. Na Lafras Smit ons op hoogte bring van wat ons in die naghemel kan sien, en waar om te soek vir komeet Pons-Brooks, bespreek ons hoekom dit so lank neem voor mense weer die maan sal kan besoek.
    29 min
  • Sterre en planete 21 April 2024
    Ons sit ons reeks oor die geskiedenis van die Sterre en Planete voort.  In die derde deel verneem ons die skoknuus van dr. Japie van Zyl se dood op 26 Augustus 2020, en luister na uittreksels uit ’n huldeblyk-program. Ons ontmoet ook vir Jim Adams, Lafras Smit en dr. Stefan Lotz. In hierdie week se Ruimteraai beantwoord ons die vraag:  Wat is die hemelewenaar?
    29 min
  • Sterre en planete 14 April 2024
    Ons wy die helfte van die program aan huldeblyke vir Hennie Maas, wat op 4 April 2024 oorlede is. In Deel 2 van die geskiedenis van Sterre en Planete, hoor ons weer die stemme van Kobus Olckers en dr. Japie van Zyl. Dr. Stefan Lotz van SANSA in Hermanus vertel van die “weer” op die son en in die ruimte. Hy beantwoord ook vandeesweek se Ruimteraai: Hoeveel aardes moet ons op mekaar stapel om by die son uit te kom?
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.