Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 19 November 2023
    Hoeveel sterre is daar in die hemelruim, en hoe word hulle getel? Dis ‘n tergende vraag want die hemelruim is net so groot soos ons kennisvlak strek. Die span praat oor die maniere hoe die berekening gedoen word. Daar is ook inligting oor suurstof wat op ons warm buurplaneet, Venus, waargeneem is.
    29 min
  • Sterre en planete 12 November 2023
    Stefan Lotz van Sansa praat oor berigte dat die sonsiklusse verkeerd bereken is. Die Marskarretjie, Curiosity, het nou al 4 000 Marsdae op die rooi planeet deurgebring. Die eerste digitale planetaruim in Bloemfontein is vanjaar 10 jaar oud. Is die kleur van auroras altyd groen?
    24 min
  • Sterre en planete 5 November 2023
    Prof. Heino Falcke is die eerste astrofisikus wat ‘n gravitasiekolk “afgeneem” het. Hy is verbonde aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en die Max Planck Instituut in Bonn. Hy verduidelik hoe dit gedoen is. Die Parker sonsatelliet is in 2018 gelanseer, en is tans in ‘n eliptiese baan om die son teen ‘n snelheid van 636 266 k/h. Jim Adams praat oor die sending en of die satelliet sy sneheid sal verhoog.
    27 min
  • Sterre en planete 29 Oktober 2023
    Ruimtewetenskaplikes het daarin geslaag om die sagteware van Voyager 2 op te dateer terwyl dit 135 astronomiese eenhede van die aarde af is. Een astronomiese eenheid is 150 000 miljoen kilometer – die afstand tussen die aarde en die son. Wetenskaplikes het met hehulp van 3D-tegnognolie daarin geslaag om ‘n vuurpyl spuitstuk te maak gweldige kragte kan hanteer. ‘n Radioknal is onlangs waargeneem wat miljoene jare gelede ontstaan het. Wat is ’n radioknal, en hoekom is dié waarneming so belangrik?
    28 min
  • Sterre en planete 22 Oktober 2023
    Die Psyche-sending het onlangs ‘n tuig gelanseer na ‘n vreemde asteroïde, wat net uit metaal bestaan. Ons vind meer uit van ‘n projek om laserstrale te gebruik om in die ruimte te kommunikeer. Dit wil voorkom of die geld waarmee die Hubble- en Chandra-ruimteteleskope befonds word, aan die opdroog is. Die span praat oor die implikasie van dié verwikkeling, en die rol wat Edwin Hubble in sterrekunde gespeel het. Hy was die eerste om vas te stel dat die Andomedastelsel nie ‘n newel is nie. maar ‘n reuse sterrestelsel.
    27 min
  • Sterre en planete 8 Oktober 2023
    Die Parker-satelliet, wat digby die son beweeg, het onlangs interessante bevindings gemaak. Die satelliet sal teen 2025, wanneer hy die naaste aan die son is, ‘n verbysterende snelheid van 690,000 km/h bereik! Een van die interessante plekke in die hemelruim is die somerkonstellasie waarin die Oriongroep die belangrikste is. Die James Webb-infrarooiteleskoop het onlangs in die Orionnewel nuwe voorwerpe raakgesien.
    26 min
  • Sterre en planete 1 Oktober 2023
    NASA beraam planne oor hoe om die Internasionle Ruimtestasie, wat 400 km van die aarde af wentel, af te bring aarde toe. Jim Adams verduidelik wat die planne is. Dis vandeesweek Wêreld Ruimteweek. Ons hoor wat alles in Suid-Afrika beplan word. Die gruismonster wat Osiris Rex laasweek suksesvol aarde toe gebring het, het groot opslae gemaak. Jim Adams vertel van sy aandeel aan die projek. Hy praat ook oor Osiris Rex se volgende teiken, die asteroïede Apophis.
    28 min
  • Sterre en planete 24 September 2023
    Sal die Vredefortkoepel-impakkrater sy status verloor as die grootste ooit? Daar is onlangs berig dat ‘n reuse krater in Australië ontdek is. Lafras Smit vertel wat ons in Oktober in die hemelruim kan waarneem.
    23 min
  • Sterre en planete 17 September 2023
    As die son deurentyd besig is om deur middel van fusie materiaal te verloor, waarom word hy nie kleiner nie? Dis een van die interessante vraagstukke wat bespreek word. Een van die uitdagings in ruimtevaart is om beskikbare suurstof te hê. Ons hoor meer van ‘n apparaat op Mars wat suksesvol suurstof gemaak het. Om die een of ander rede is Mercurius koeler as sy naburige planeet, Venus. Maar in ons sonnestelsel is daar nog ‘n ander anomalie waar een van die groter planete kouer is as sy buurman. Hoor waarom daar ‘n kouer planeet as Neptunus is.
    27 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.