Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 10 September 2023
    Die Osiris-Rex sending is nóg ‘n stap nader aan sy doelwit. Die tuig het ‘n monster van die Benu-asteroïede versamel. Die monster sal in die volgende dae in die VSA aankom vir ontleding. Willie Koorts vertel die interessante verhaal van Osiris Rex. Het jy al van gloeiende wolke in die nag gehoor, of dit dalk gesien? Daar word ook gepraat oor kinge om die maan en die son.
    27 min
  • Sterre en planete 3 September 2023
    Dis nou al drie jaar gelede dat Sterre en Planete se spanlid, Japie van Zyl, oorlede is. Luister na ‘n insetsel oor die Insight-tuig op Mars, ‘n sending waaraan hy deel gehad het. Japie was só belangrik by JPL dat die Marshelikoptersending ‘n spesiale uitkykplek op die rooi planeet gekry het – die Van Zyl Overlook. Wanneer mens na ‘n vuurpyllansering kyk, word jy bewus van die geweldige kragte wat ter sprake is. Jim Adams praat oor die soort materiale wat gebruik word tydens ruimtesendings. Watter planeet is die naaste aan Mercurius? Hoewel die antwoord eenvoudig klink, is dit nie so vanselfsprekend nie.
    28 min
  • Sterre en planete 27 Augustus 2023
    Hoe weet ons dat verafgeleë sterrestelsels nog bestaan, as dit miljoene ligjaar van die aarde af is? As mens bv. na Andromeda kyk, sien mens lig wat 2,4 miljoen jaar gelede van daar af vertrek het. In die ruimtevaart hoor mens soms dat hulle praat van ‘n suksesvolle mislukking. Wat word daarmee bedoel? Hoe is dit van toepassing op die Russiese maantuig wat op die maan neergestort het? Lafras Smit is oudergewoonte op sy pos om oor September se hemelruimhoogtepunte te gesels.
    29 min
  • Sterre en planete 20 Augustus 2023
    Die spoed van lig is 300 000 km per sekonde. Die naaste ster aan ons, behalwe die son, is Alfa Centauri wat 4,3 ligjaar ver is. As mens die huidige snelheid neem van satelliete wat om die aarde wentel, 29 000 km per uur, sal dit 80 000 jaar neem om by daardie ster uit te kom! Hoe word die spoed van lig gemeet? Beplanning word gedoen om tuie op die maan te plaas wat met mekaar kan kommunikeer. Dit behels ‘n “trop” tuie wat die maan outonomies sal ondersoek. Ons het meer inligting oor hierdie interessante projek.
    27 min
  • Sterre en planete 13 Augustus 2023
    Hoveel sterre en sterrestelsels is daar in die hemelruim? Dis ‘n tergende vraag, want dit kan nie eintlik getel word nie. Die span praat oor die tegnieke wat gebruik word om die aantal sterre te bereken. So elke nou en dan hoor ons van mense wat meteore gesien het. Dit was laasweek die geval toe twee groot vuurballe oor die Wes-Kaap waargeneem is. Die span gesels oor die groot meteore, wat eintlik vuurballe genoem word. Ons word vertel dat klank net in ‘n atmosfeer voortgedra kan word. Matie Hoffman vertel dat klank wel in die ruimte waargeneem kan word, maar op ‘n ander manier.
    27 min
  • Sterre en planete 6 Augustus 2023
    Clyde Foster, die ontdekker van Clyde’s Spot op Jupiter, vertel wat van Clyde’s spot geword het, en sy nuwe sterrewag by Gamsberg in Namibië wat ‘n paradys vir amateursterrekundiges is. Die snelheid van die Internasionale Ruimtestasie om die aarde is gemiddeld 29,000 km per uur. Enige iets meer beteken dat die tuig sy ontsnapsnelheid bereik het en weg van die aarde sal beweeg. ‘n Tuig soos Juno wat om Jupiter wentel, het ‘n ander ontsnapsnelheid – wat sou dit wees? Hoe verder weg ruimtetuie van die son af beweeg, hoe minder moontlik is dit om van sonpanele gebruik te maak. Die Voyagertuie wat al buite die sonnestelsel is, is kernaangedrewe. n Belangrike ontwikkeling het onlangs plaasgevind toe die VSA plutonium verkry het vir gebruik in ruimtetuie.
    28 min
  • Sterre en planete 30 Julie 2023
    Het jy al van ‘n stofmaan gehoor? Lafras Smit verduidelik wat dit is. Daar is nuus oor die James Webb-ruimteteleskoop wat nou al ‘n jaar lank in die ruimte rondtuur. Die span praat oor Ingenuity Marshelikopter, en hoe dit grense verskuif. Die vergadering van Bricslande vind in Augustus in Suid-Afrika plaas. Rusland het onlangs aangebied om lidlande te betrek om ‘n nuwe ruimtestasie te bou. Wat is die implikasies hiervan vir die Suid-Afrikaanse Ruimtegemeenskap?
    29 min
  • Sterre en planete 16 Julie 2023
    Een van die uitdagings deur die eeue heen was om in ruimte te kom. Vuurpyle is deesdae die aangewese manier, maar het jy al van ‘n ruimtehysbak gehoor? Is die sogenaamde koriolisverskynsel waar? Daarvolgens word geglo dat badwater in die noordelike halfrond anders uitvloei as in die suidelike halfrond.
    28 min
  • Sterre en planete 9 Julie 2023
    Die Titan-tragedie het kenners opnuut laat kyk na mense in uitdagende omgewings. Daar is al so ver met ruimtevaart gevorder dat ruimtetoerisme besig is om al hoe meer pos te vat. ‘n Voorbeeld daarvan is Richard Branson se onlangse vaart met die Virgin Galactic-ruimetuig waarin ‘n handjievol toeriste die kans kon kry om mikrogravitasie te beleef. Stefan Lotz verduidelik die verskil tussen sonvlekke en sonfakkels. Daar is ook inligting oor die Euclid-ruimteteleskoop wat donkerenergie en -materie gaan bestudeer.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.