Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 23 April 2023
    Die maan beweeg stadig weg van die aarde af. Hoe beïnvloed dit iets soos tyd? Japie van Zyl se baba, die Ingenuity-helikopter op Mars, het nou al 50 vlugte voltooi - veel meer as wat verwag is. Is daar iets soos ’n suksesvolle mislukking? Dis nou na aanleiding van die Starship van SpaceX wat Donderdag kort na die lansering ontplof het. Wat gebeur as twee sterrestelsels teen mekaar bots? Daar is bevind dat Andromeda, ons groot buurstelsel, op pad na die Melkweg is, en baie mense wonder wat die impak sal wees.
    28 min
  • Sterre en planete 16 April 2023
    Galileo Gallelei was die eerste om deur ‘n teleskoop die vier mane van Jupiter te sien. Hoe het sy teleskoop gelyk? Was hy die eerste persoon om ‘n teleskoop te bou? Matie Hoffman gesels oor die geskiedenis van teleskope. Die Aurora Borealis en Aurora Australis is baie aanskoulik, en reis ver om hierdie verskynsel waar te neem. Maar het jy geweet die ligte kan ’n geluid maak? Hennie Maas nooi jou om te hoor hoe auroras klink.
    24 min
  • Sterre en planete 9 April 2023
    ‘n Reuse gammaknal het onlangs groot opspraak in die sterrekunde veroorsaak. Stefan Lotz van Sansa verduidelik waarom hierdie gebeurtenis so besonders is. Venus is ‘n interessante planeet. Hoewel dit die tweede planeet van die son af is, is die temperatuur op dié planeet hoër as op Mercurius wat nader aan die son is. Daar is onlangs bevind dat daar interessante dinge op Venus gebeur. Die grootste sigbare impakkrater in die wêreld, die Vredefortkoepel, was onlangs weer in die nuus. Matie Hoffman verduidelik waarom wetenskaplikes dink dat die asteroïde wat die aarde destyds getref het, veel groter is as wat aanvanklik gedink is.
    28 min
  • Sterre en planete 2 April 2023
    Die eerste volledig elektriese stumotor vir vuurpyle is byna gereed om die ruimte te deurklief. Jim Adams praat oor hierdie ontwikkeling wat die snelheid van ruimtetuie aansienlik kan verhoog. Daar is ook inligting oor die Osiris Rex-tuig wat sy lading asteroïdestof later vanjaar oor die Amerikaanse deelstaat Utah sal loslaat, nadat dit ‘n paar jaar gelede die asteroïde Bennu besoek het. En, Clyde Foster vertel van die nuwe plek vanwaar hy planete dophou in Gamsberg in Namibië.
    26 min
  • Sterre en planete 26 Maart 2023
    Wat is in April in die hemelruim te sien? Lafras Smit het die inligting. Daar is ook inligting oor die verskillende sterrelyste wat jy kan raadpleeg as jy na iets besonders soek. Sowat ‘n dekade gelede het ‘n reuse meteoor bokant die Russiese dorp, Tjeljabinsk, ontplof. Een van Sterre en Planete se luisteraars het onlangs so ‘n meteoor gesien en gehoor. Hy het naby Brey in die Noord-Kaap in die veld geslaap, en wakker geword van ‘n besondere wit lig. Hy het daarna ‘n ontploffing gehoor. Hoe ver is die asteroïdes in die asteroïdegordel tussen Mars en Jupiter? Die antwoord sal jou verbaas.
    27 min
  • Sterre en planete 19 Maart 2023
    Waar in ons sonnestelsel is die hoogste berg? Dié planeet het ook die diepste en langste skeurvallei. Daar is kommer oor die Hubble-teleskoop wat deur mensgemaakte voorwerpe soos satelliete getref kan word. Daarteenoor ontdek die nuutste ruimteteleskoop, die James Webb, byna daagliks nuwe horisonne in die ruimte.
    26 min
  • Sterre en planete 12 Maart 2023
    Die son is deesdae vol sonvlekke. Wat beteken dit? Stefan Lotz van SANSA gee ‘n oorsig oor die aktiwiteit van die son. Daar is ook inligting oor diegene wat glo dat die aarde plat is. Die Flat Earth Society bestaan steeds, en Willie Koorts praat oor ‘n paar argumente wat jy kan gebruik wanneer jy so ‘n persoon ontmoet. Hoeveel sterre is daar in die heelal? Dis ‘n vraag wat ‘n luisteraar aan die span gestel het. Matie Hoffman gee ‘n uiteensetting van hoe mens dit moontlik sou kon bereken.
    26 min
  • Sterre en planete 5 Maart 2023
    ’n Asteroïde het onlangs die naam van ‘n bekende in sterrekundekringe gekry. Die James Webb-ruimteteleskoop is steeds besig om nuwe horisonne te ontdek. Een van die mees onlangse waarnemings is gemaak toe reuse sterrestelsels ontdek is wat eintlik nie daar behoort te wees nie. Dit lyk dus of die hemelruim al groter word soos die toerusting en insig verbeter.
    25 min
  • Sterre en planete 26 Februarie 2023
    Daar was onlangs heelwat berigte oor klippe wat uit die ruimte op die aarde geval het. Die span praat oor hoe akkuraat sterrekundiges kan voorspel hoe groot ‘n meteoor is en of dit op die aarde sal val. Een van die teleskope op Sutherland, die Atlas, is een van vier teleskope in die wêreld wat sulke hemelliggame dophou. Hoekom noem ons die aarde die aarde? Waar die kom begrip vandaan?
    28 min
  • Sterre en planete 19 Februarie 2023
    Kosmiese strale het die afgelope weke vir drama op die James Webb-teleskoop gesorg. ‘n Belangrike onderdeel van die teleskoop is deur ‘n straal getref. Willie Koorts verduidelik wat fout gegaan het en hoe die fout herstel is. Matie Hoffman praat oor alledaagse gebruiksartikels wat hulle ontstaan uit ruimtenavorsing gehad het.
    25 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.