Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 4 Desember 2022
    Hoe moontlik is dit om die energie van die son vanuit ‘n ruimtetuig af te kaats aarde toe? Dit beteken in wese dat elektrisiteit op dié manier opgewek, en op die aarde opgevang word. Dis span praat ook oor nuwe tegnologie aanboord van Artemis soos vergelyk met die Apollo-projek.
    27 min
  • Sterre en planete 27 November 2022
    Die auroras by die poolstreke word veroorsaak deur magnetiese interaksie van die son af. Normaalweg is die auroras groen. Die span praat oor pienk auroras wat onlangs gesien is. NASA het bekendgemaak dat hy ‘n span aangestel het om  VVV’s te ondersoek. Lafras Smit vertel ook wat in Desember se hemelruim te sien sal wees.
    27 min
  • Sterre en planete 20 November 2022
    Die Apollo sendings het ‘n hele paar dekades gelede ten einde geloop. Daarom is die Artemis-sending wat die afgelope week plaasgevind het, ‘n mylpaal in ruimteverkenning.  Die sending is ‘n toetslopie vir die plasing van mense op die maan. Die sending is ‘n paar keer vertraag as gevolg van tegniese probleme en ‘n orkaan. Ons het 'n paar weke gelede gepraat oor die groen flits wat soms gesien kan word wanneer die son ondergaan, veral oor die see. Die flits is normaalweg ‘n paar sekondes lank. Nou is daar berig dat so ‘n flits gesien is wat 30 minute geduur het. Wat sou die rede daarvoor wees?
    24 min
  • Sterre en planete 13 November 2022
    Suid-Afrika word stadigaan ‘n groter speler in ruimtetegnologie. Afgesien van ‘n paar satelliete wat al gelanseer is, het ‘n Suid-Afrikaanse produk ook onlangs ‘n rol in die Dart-sending gespeel. Nou is die klein Matjiesfontein gekies om hulp te verleen met die Artemis-sending na die maan. Die hoof van NASA se kommunikasie-afdeling, Bardi Younis, wat verantwoordelik is vir die kommunikasie tussen die aarde en satelliete, vertel meer. Die span praat ook oor die reuse gammaknal wat deur ‘n Suid-Afrikaanse ontvangstasie op Marioneiland waargeneem is.
    26 min
  • Sterre en planete 6 November 2022
    Die eerste mensegemaakte ruimtetuig, Sputnik, is 1975 opgeskiet. Dit was die eerste satelliet. Wat is ’n satelliet, en hoeveel soorte satelliete is daar? Was Cassini wat om Saturnus gewentel het, ‘n satelliet? Wat van die Dart-sending? Jim Adams van Maryland in die VSA verduidelik.
    26 min
  • Sterre en planete 30 Oktober 2022
    Is die maan besig om van die Aarde af weg te dryf?  ‘n Reuse kamera wat opnames van die hele ruimte moet maak, is bekendgestel. Dis is die grootste digitale kamera wat nog gebou is. Dit weeg drie ton en het ‘n resolusie van 3200 megapixels.
    26 min
  • Sterre en planete 23 Oktober 2022
    Wat het geword van die Arecibo radioteleskoop in Puerto Rico wat in 2020 ineengestort het? Gaan dit herbou word? Willie Koorts verduidelik wat die groen flits is wat soms gesien kan word met die sonsondergang. Die spam praat ook oor ‘n reuse gammaknal wat onlangs waargeneem is, ook deur een van die teleskope op Sutherland.
    29 min
  • Sterre en planete 16 Oktober 2022
    Laika was die eerste hond wat die ruimte ingeskiet is. Wat het van die hond geword, en hoe lank was hy in die ruimte? 'n Luisteraar het in Bermuda ‘n “komeet” gesien. Hoe weet mense dat dit ‘n komeet is of nie? Die stof oor die botsing van die DART-tuig met ‘n asteroïde het nog nie gaan lê nie. Daar is bevind dat die projek wel geslaagd was.
    25 min
  • Sterre en planete 9 Oktober 2022
    Die James Webb-ruimteteleskoop het die afgelope tyd groot opgewondenheid veroorsaak vanweë die skerp beelde wat verkry is. Daar word intussen ‘n teleskoop gebou wat nog skerper beelde behoort te gee. Dit is nie ‘n infrarooiteleskoop soos die James Webb nie, maar ‘n optiese teleskoop wat waarnemings van die aarde af doen.  Ander onderwerpe wat bespreek word, is die invloed van die maan op die mens se liggaam en psige, en die son aktiwiteit.
    25 min
  • Sterre en planete 2 Oktober 2022
    Daar was groot opgewonderheid toe die Dart-satelliet op 26 September teen ‘n asteroïde gebots het. Die botsing was daarop gemik om te sien of die tuig dit effens uit sy baan sou kon stoot.  Twee Suid-Afrikaanse ondernemings speel ‘n rol in hierdie sending. Ons praat hieroor met Nic Erasmus van die SAAO en Rikus Cronjé van Dragonfly Aerospace.
    26 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.