Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 25 September 2022
    Wat kan die mens doen om moontlike asteroïde botsings met die aarde te voorkom? Dit is die vraag wat die Dart-sending wil beantwoord. Dis ‘n sending wat daarop gemik is om ‘n asteroïde effens uit sy baan te druk. Ruimtewetenskaplikes wil vasstel of die voorwerp wel genoeg uit sy baan gedruk kan word. Die SAAO op Sutherland is ook betrokke by die meting. Daar is ook inligting oor die Insight-tuig op Mars wat meteorietimpakte op die rooi planeet waargeneem het.
    27 min
  • Sterre en planete 18 September 2022
    In ruimtevaart word daar dikwels van ‘n lanseervenster gepraat. Wat is dit? Daar is ook inligting oor die sogenaamde wikkeling van die aarde. Die span praat ook oor die proses van fusie in sterre.  En, daar is aandoenlike nuus van ‘n bejaarde dame wat na elke uitsending van die program geluister het sedert sy ontstaan in 2000. Sy is onlangs in die rype ouderdom van 97 jaar oorlede.
    25 min
  • Sterre en planete 11 September 2022
    ‘n Groot deel van die noordelike halfrond het kwaai hittegolwe beleef. Waarom? Is die son die sondebok, of is daar iets anders? Daar is interessante inligting oor die Starlink-satelliete wat ingespan gaan word om ruimteweer te voorspel. Het jy al gewonder wat die kleure van sterre beteken? As mens kyk na Antares, die rooi ster in die skerpioen-konstellasie, of Betelegeuse by Orion, sal jy sien dat hulle rooierig vertoon. Die span praat oor die betekenis van die kleure van sterre. Monnike in die middeleeue het gerapporteer dat ‘n helder flits op die maan gesien is, en het gedink dat ‘n voorwep die agterkant van die maan getref het. Willie Koorts verduidelik wat dit waarskynlik was.
    27 min
  • Sterre en planete 4 September 2022
    Die lansering van die Artemis maak hoofberigte in die media. Jim Adams verduidelik die stappe wat gevolg word voor ‘n lansering plaasvind. Hy vertel wat fout gegaan het tydens die eerste lanseringspoging. Daar is ook interessante feite oor die reuse motore van die SLS. Die reuse kruiptrekker wat gebruik word om die vuurpyl van die Vehicle Assembly-gebou na die die lanseerplatform te vervoer, slaan asem weg.
    26 min
  • Sterre en planete 28 Augustus 2022
    Die ruimte is vol klanke… as jy dit kan dekodeer. Hoe word dit gedoen? Die kenwysie van Sterre en Planete is byvoorbeeld saamgestel uit klanke wat van verskillende sterre af kom. Ons luister na klank wat sy ontstaan het in ‘n reuse gravitasiekolk. ‘n Groot deel van die program word gewy aan die lansering van die Artemistuig wat Maandag plaasvind. Dit sal die eerste keer sedert die Apollosendings wees wat pogings aangewend word om na die maan te gaan. Daar is ook inligting oor ‘n berig dat die aarde besig is om vinniger te draai.
    29 min
  • Sterre en planete 21 Augustus 2022
    Ons buurplaneet, Mars, het twee van die merkwaardigste geologiese verskynsels in ons sonnestelsel, al is die rooi planeet die helfte van die aarde se grootte. Die planeet spog nie net met die hoogste berg in die  sonnestelsel nie, maar ook met die langste skeurvallei. Daar is aanduidings dat Betelgeuse, die rooi reus naby Orion, ‘n deel van sy oppervlak weggeskiet het. Betelgeuse is ‘n wisselster, en sterrekundiges het vasgestel dat die rooi ster onlangs heelwat dowwer is as normaalweg.
    27 min
  • Sterre en planete 14 Augustus 2022
    Die aktiwiteite op die son raak die lewe op aarde op verskeie maniere. Een daarvan is die effek van magnetiese storms.  Dié storms kan die lesings van GPS toestelle nadelig beïnvloed en onakkurate lesings veroorsaak. Magnetiese storms is ook verantwoordelik vir die skouspelagtige auroras wat op die aarde se pole sigbaar. Die Marsvoertuig, Curiosity, is nou al tien jaar lank op die rooi planeet doenig. Daar is ook interessante inligting oor hoe die ruimte ruik, en of dit enigsins moontlik is om dit te kan ruik.
    27 min
  • Sterre en planete 7 Augustus 2022
    Europa is een van die groter mane van Jupiter.  Nasa dr Europa Clipper is besig om die maan van naderby te bestudeer. Jim Adams vertel van dié interessante projek, waartydens ‘n spesiale ysboor sowat 20 km deur Europa se ysoppervlak sal boor om by die water binne-in die maan uit te kom. As dit suksesvol is, sal ‘n swerm robotte vrygelaat word wat die water sal ondersoek.
    26 min
  • Sterre en planete 31 Julie 2022
    In die volksmond staan die Pleiades-sterregroep as die Sewe Susters bekend, maar is daar werklik net sewe? Daar is ook inligting oor Rusland wat bekend gemaak het dat hy nie meer gaan deelneem aan die aktiwiteite op die Internasionale Ruimtestasie nie. Die juwelekis by die Suiderkruis het nie verniet dié naam nie.  Sal mens die groep met ‘n verkyker kan sien, en die kleure kan onderskei?
    27 min
  • Sterre en planete 24 Julie 2022
    Wat gebeur wanneer iets soos ‘n mikrometeoor een van die spieëls van die James Webb-ruimteteleskoop tref? Die sterregemeenskap is ook gaande oor ‘n komeet wat vanuit sommige dele van die wêreld te sien is. Dit is die 2017 Panstarrs-komeet. Suid-Afrikaners wonder seker ook of die komeet in ons lugruim te sien sal wees.
    24 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.