Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 8 Mei 2022
    Mercurius is die naaste planeet aan die son. Dit blyk nou dat dié hemelliggaam skielik ‘n stert ontwikkel het – byna soos ‘n komeet!  Stefan Lotz van Sansa praat oor hierdie verskynsel en wat die oorsaak daarvan is. Daar is ook inligting oor wat sterrekundiges presies sien wanneer hulle na sterre kyk. Is dit soos die kleurryke afbeeldings wat mens in foto's sien? En, die reuse deeltjieversneller (Large Hadron Collider) het onlangs daarin geslaag om partikels tot ‘n veel hoër snelheid op te jaag.
    27 min
  • Sterre en planete 1 Mei 2022
    Voordat ‘n ruimtetuig die lug ingeskiet word, word talle berekeninge gedoen. Een van die belangrike sake waarna opgelet moet word, is die grootte van die loonvrag. Twee gaste uit die VSA is by ons in die ateljee. Jim Adams is op sy pos, maar dié keer in Suid-Afrika. Bianca Rhim van NASA is ‘n elektriese ingenieur wat baie te doen het met die berekening van die loonvragte van ruimtesendings. Sy was ook betrokke by die pas afgelope lansering van ruimtevaarders na die Internasionale Ruimtestasie.
    28 min
  • Sterre en planete 24 April 2022
    Hoe koud is dit in die ruimte? Sterrekundiges het pas die koudste plek in die heelal opgespoor. In die verlede het die span dikwels oor die Seti-projek gepraat. Die projek is daarop gemik om intelligente lewe in die heelal op te spoor. Die radioteleskoop by Arecibo in Suid-Amerika het ‘n belangrike rol gespeel in dié waarnemings.  Die teleskoop het intussen ineen gestort. Die vraag is nou wat van die Seti-projek geword het? Daar is ook klank wat deur die mikrofone op die Endevour-marstuig opgeneem is. En, Lafras Smit gee meer duidelikheid oor die algehele maansverduistering wat in Mei plaasvind.
    29 min
  • Sterre en planete 17 April 2022
    Meteore en vuurballe dring dikwels die aarde se atmosfeer binne. Geklassifiseerde inligting wat pas openbaar gemaak is, dui daarop dat ‘n vuurbal die atmosfeer binnegedring het teen ‘n snelheid van 210 000 km/h.  Sterrekundiges was natuurlik verbaas oor die snelheid van dié vreemde besoeker. Die span kyk in meer besonderhede na waar die voorwerp vandaan gekom het. Daar word ook gepraat oor ‘n ontdekking wat die Meerkat-radioteleskope onlangs gemaak het. ‘n Wolhaarstorie of fopnuus doen deesdae die rondte dat die son verder weg van die aarde sal wees en sodoende kouer weerstoestande te weeg sal bring.  Die spanlede verduidlik waarom dié storie nie waar kan wees nie. Die Sofia-projek is daarop gemik om waarnemings uit ‘n Boeing 747 te maak met ‘n teleskoop wat spesiaal ontwerp is om in die vliegtuig te pas.
    28 min
  • Sterre en planete 10 April 2022
    Daar is bekend gemaak dat die Hubble-ruimteteleskoop die verste ster ooit raakgesien het.  Die ster, Earendal, is 12,9 miljard ligjaar van ons af weg, met ander woorde dit neem lig 12,9 miljard jaar om die aarde te bereik! Die span verduidelik hoe dit moontlik is om ‘n ster op so ‘n groot afstand te sien. ‘n Amateur sterrekundige het ook daarin geslaag om die Internasionale Ruimtestasie af te neem terwyl twee bemanningslede besig was met ruimtewandelings.
    26 min
  • Sterre en planete 3 April 2022
    Waar sou mens in die buitenste ruim gaan soek na lewe? Jim Adams, voormalige adjunk tegniese direkteur van NASA, verduidelik waar lewe moontlik gevind kan word. Hy gesels ook oor die wisseling van bemanning in die Internasionale Ruimtestasie waar ‘n hele klomp wetenskaplikes, insluitend Russiese bemanning, navorsing doen. Dít ten spyte van die woelinge tussen Rusland en Oekraïne. Daar is ‘n vooruitsig dat Matjiesfontein in die toekoms die tuiste van ‘n deel van die Diepruimnetwerk sal word met die plasing van een of twee antennas.
    25 min
  • Sterre en planete 27 Maart 2022
    As mens sowat 30 jaar terugblaai in die geskiedenis, was die begrip eksoplanete heeltemal vreemd. In die afgelope jare is al meer en meer eksoplanete gevind. Dit is ‘n liggaam wat om ‘n ander son draai. Daar is pas bekend gemaak dat nie minder nie as 5,000 ekspolanete al gevind is. Daar is ook ‘n hele klomp wat as kandidaat-eksoplanete bekend staan, wat nog geverifieer moet word. Daar is ook inligting oor die eerste goeie beeld van ‘n ster wat deur die James Webb-teleskoop geneem is.
    27 min
  • Sterre en planete 20 Maart 2022
    Ons almal leef saam met swaartekrag.  Soms is dié krag jou vriend, en soms jou vyand.  Die span praat oor swaartekrag in die ruimte. Daar is ook inligting wat daarmee verband hou: planne word nou gemaak om ‘n vuurpyl van Mars af te lanseer. Mars se swaartekrag is aansienlik minder as dié van die Aarde. Met die oorlog wat woed in Oekraïne, word Rusland se samewerking met internasionale ruimte organisasies ook geraak. Daar is nou berigte dat die Russiese ruimte-agentskap by NASA pleit vir voortgesette samewerking op die gebied van ruimtegnologie.
    26 min
  • Sterre en planete 13 Maart 2022
    Ons ster, die son, is woelig. Daar was ‘n paar weke gelede ‘n geweldige groot uitbarsting aan die agterkant van die son. Wat sou die implikasie wees sou dit aan die voorkant plaagevind het? Daar was ook berigte dat ‘n stuk vuurpyl in die maan vasgevlieg het. Die maan is sowat 390 000 km van die aarde af.  Die vraag ontstaan oor wat presies dit was, aangesien dit heeltemal te ver is vir ‘n stuk ruimterommel.
    26 min
  • Sterre en planete 6 Maart 2022
    Die asteroïde, Apophis, sal die volgende 10 jaar redelik naby aan die aarde verbyvlieg. Jim Adams verduidelik wat bedoel word met "naby aan die aarde". Ons sonnestelsel bestaan uit agt planete, waarvan die rotsagtige planete die naaste aan die son is.  Daar is gevind dat ander sonnestelsels omgekeerd is. Die naaste aan hulle ster is die gasplanete. Dis ‘n tergende vraag waaroor die spanlede gesels.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.