Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 17 Julie 2022
    Die foto’s wat deur die James Webb-ruimteteleskoop geneem is, het wêreldwyd opslae gemaak as gevolg van die detail wat te sien is. Sterre en Planete gesels met die man wat verantwoordelik was vir die samestelling van die beelde. Dr. Anton Koekemoer werk by die Space Telescope Science Institute in Baltimore in die VSA. Hy was jare lank betrokke by die aktiwiteite van die Hubble-ruimteteleskoop. Dr. Koekemoer het in die verlede al op Sterre en Planete gepraat oor die Deep Field van Hubble en die Ultra Deep Field. Deesdae spits hy hom toe op die James Webb-teleskoop en die navorsing wat daarmee gepaardgaan.
    27 min
  • Sterre en planete 10 Julie 2022
    Die aarde draai om sy eie as, so ook die ander planete in ons sonnestelsel, maar waarom draai die son om sy eie as? Wat veroorsaak dit? Daar is inligting oor ‘n dubbelkrater wat op die man gesien is, wat veroorsaak is deur die impak van ‘n Sjinese tuig. Kenners weet nog nie waarom daar twee kraters is nie.
    27 min
  • Sterre en planete 3 Julie 2022
    Kan daar vuur gemaak word in die Internasionale Ruimtestasie? As dit wel die geval is, hoe sou so ‘n vuur lyk? Daar is ‘n bespreking oor die aarde se atmosfeer wat swel, en meebring dat sommige satelliete gouer in die atmosfeer uitbrand.
    26 min
  • Sterre en planete 26 Junie 2022
    Rekenaarbedryfstelsels vorm die ruggraat van ons lewe hier aarde. Almal weet van Windows, Apple, Linux en nog ‘n paar ander. Een van Sterre en Planete se luisteraars het onlangs gevra watter bedryfstelsels in ruimtetegnologie gebruik word. Die Hubblekonstante is ‘n belangrike begrip in die kosmologie. Die span praat oor dié belangrike begrip en nuwe bevindings wat gemaak is oor die uitdying van die heelal. Lafras Smit is op sy pos om te vertel wat in Julie bokant ons koppe te sien sal wees.
    26 min
  • Sterre en planete 19 Junie 2022
    Die bedryfspan van die James Webb-ruimteteleskoop het onlangs geskrik toe hulle agterkom dat ‘n ruimtebrokstuk een van die panele van die nuwe teleskoop getref het. Hulle was egter nie te bekommerd daaroor nie, want die teleskoop se panele is op aarde deeglik getoets vir so ‘n moontlikheid. Die span verduidelik hoe ruimtewetenskaplikes dit op groot afstand regkry om rekenaarstelsels aan boord van satelliete met afstandbeheer te herstel wanneer daar fout kom. Die Maven-tuig wat tans om Mars wentel, het ‘n probleem ervaar en die saak is uiteindelik met behulp van afstandbeheer opgelos.
    27 min
  • Sterre en planete 12 Junie 2022
    Stephan Lotz van SANSA praat oor wat die verskil is tussen ‘n weervoorspelling op die aarde en ‘n ruimteweervoorspelling. Baie mense in Suid-Afrika het onlangs 'n brandende voorwerp in die hemelruim gesien. Willie Koorts verklaar die verskynsel. Matie Hoffman vertel van nuwe toerusting by die digitale planetarium in Bloemfontein.
    26 min
  • Sterre en planete 5 Junie 2022
    Lafras Smit vertel wat in Junie in die ruimte te sien is.  Jim Adams praat oor die Boeing Starliner wat onbemand by die internaisonale ruimtestasie aangedoen het. Ná Space X se Dragon is Boeing se Starliner die tweede Amerikaanse privaattuig wat by die ISS gaan kuier. Daar is inligting oor die rotors van Ingenuity, die Marshelikopter, wat steeds bedrywig is op die rooi planeet.
    25 min
  • Sterre en planete 29 Mei 2022
    Die Zurong Sjinese ruimtetuig, wat ‘n jaar gelede op Mars geland het, het interessante inligting oor die teenwoordigheid van water op die planeet gevind.  Die span bespreek die bevindings. Die Voyager-ruimtetuie wat reeds ver buite die invloed van son deur die ruimte trek, het eienaardige geluide begin maak. Die beheersentrum probeer nou vasstel wat die telemetrie beteken. Dit neem ‘n radiosein meer as 20 uur om die tuie te bereik. Dit neem dan ‘n verdere 20 uur om die sein terug te ontvang. So as jy met werk met die ruimte dan is daar een groot woord en dit is GEDULD!
    25 min
  • Sterre en planete 22 Mei 2022
    Wat is ruimte? Is dit niks? En wat is ruimtetyd? Dis die breinknopers waaoor die span praat. ‘n Foto doen die rondte van ‘n sogenaamde deur op Mars. Is dit wel 'n deur, of is dit ‘n kwessie van’n spel van lig en skadu? Die span praat ook oor ‘n foto wat onlangs geneem van ‘n reuse gravitasiekolk, iets wat nie dikwels gebeur nie.
    25 min
  • Sterre en planete 15 Mei 2022
    Op Maandagoggend 16 Mei 2022 is daar ‘n totale maansverduistering oor Suid-Afrika. Die stappe van die verduistering word in groot besonderhede beskryf. Daar is ‘n luisteraarsvraag of die Hubble-teleskoop die James Webb-teleskoop sal afneem. En, wat is die klankgrens en wat is ontsnapsnelheid?
    27 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.