Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 27 Februarie 2022
    Daar is deesdae heelwat planete sigbaar in die naghemel. Lafras Smit gee ‘n volledige uiteensetting van watter planete en sterre te sien is. Hoewel die Parker-ruimtetuig gelanseer is om na die son te kyk, het die tuig onlangs ‘n besondere foto  van die oppervlak van Venus geneem. Die span vertel waarom dit so besonders is.
    28 min
  • Sterre en planete 20 Februarie 2022
    ‘n Reuse sterrestelsel, die grootste ooit, is onlangs gevind. Die stelsel wat ‘n hele paar miljard ligjare weg is, is in die infrarooideel van die ligspektrum raakgesien. Prof. Matie Hoffman het die besonderhede. Die James Webb-ruimteteleskoop het ook sy eerste ster waargeneem. Willie Koorts verduidelik hoe hulle geweet het na watter ster die teleskoop kyk.
    27 min
  • Sterre en planete 13 Februarie 2022
    Baie mense het al die rye Starlink-satelliete van SpaceX gesien. Dit het nou bekend geword dat ‘n geomagnetiese storm meer as 40 van ‘n onlangse sending satelliete verwoes het. Die span praat oor die voorspelling van magnetiese storms en hoe dit satelliete beïnvloed. Daar is ook inligting oor die belyning van die James Webb-teleskoop se spieëls waarmee daar onlangs begin is.
    30 min
  • Sterre en planete 6 Februarie 2022
    Suid-Afrika maak stadig maar seker sy toetrede tot ruimtenavorsing. Met die inwerkingstelling van die Atlasteleskoop op Sutherland, sal sterrekundiges wêreldwyd gehelp word om asteroïedes op te spoor. Daar is ook die vooruitsig dat Suid-Afrika deel sal word van die diepruimnetwerk, met die oprigting van ‘n grondstasie by Matjiesfontein. Die deenemers is Jim Adams in die VSA, prof. Matie Hoffman en Willie Koorts.
    26 min
  • Sterre en planete 30 Januarie 2022
    Is dit moontlik dat daar lewe kan wees op ’n planeet waarvan die oppervlaktemperatuur so warm is, dat lood daar smelt? Wat is te sien in die naghemel in Februarie? Werk die maatreëls wat Elon Musk se SpaceX maatskappy in werking gestel het, sodat die 1 440 Starlink-satelliete nie sterrekundige waarnemings belemmer nie? Daar is besonderhede oor ’n kragtige 3.2 Giga-pixel kamera!
    27 min
  • Sterre en planete 23 Januarie 2022
    Wat is ‘n burgerlike sterrekundige? 'n Luisteraar wil weet hoe dit vir sterrekundiges moontlik sal wees om  infrarooibeelde van die James Webb-teleskoop te sien as infrarooi buite die optiese gedeelte van die ligspektrum val? Die kenwysie van Sterre en Planete verskaf ‘n deel van die antwoord.
    29 min
  • Sterre en planete 16 Januarie 2022
    Die James Webb-ruimteteleskoop se reuse spieëls is ‘n paar dae gelede heetemal ontplooi. Dit is ‘n belangrike mylpaal in die teleskoop se tog na die L2-punt. Daar is ook nuus oor vogtigheid wat opgespoor is in die Valle Marineres skeurvallei op Mars. Is dit moontlik dat planete nie om ‘n ster kan wentel nie? Planete is onlangs waargeneem wat vryswewend in die ruimte beweeg.
    27 min
  • Sterre en planete 9 Januarie 2022
    Die son word beskou as ‘n gemiddelde ster, en soos wat die eeue aangaan word hy al hoe groter. Die span beantwoord die vraag of die intensiteit van die son se straling deur die eeue op een of ander manier gemeet is.  Die tog van die James Webb-ruimteteleskoop na die L2-punt word fyn dopgehou. ‘n Belangrike maneuver is uitgevoer toe die sonskerm van die teleskoop volledig ontplooi is. Die span verduidelik wat die L2-punt is.
    27 min
  • Sterre en planete 2 Januarie 2022
    Die veelbesproke James Webb-ruimteteleskoop is suksesvol gelanseer, en onderweg na sy eindbestemming.  Jim Adams van Maryland in die VSA praat oor verskeie interessante aspekte van sending. Wat is die Lagrange-punt en wat is die grootte van die teleskoop vergeleke met die Hubble?  Hy praat ook oor die ligspektrum waarin die James Webb sal werk. Die ander spanlede is Willie Koorts en Matie Hoffman.
    28 min
  • Sterre en planete 26 Desember 2021
    Daar is die afgelope dae baie gepraat oor die komeet Leonard wat bokant ons westelike horison kuier. Lafras Smit vertel meer van hierdie besoeker. Daar is nuus oor ‘n sterrekundige wat ‘n besondere foto van die maan gepubliseer het.  Hy het 200 000 foto’s geneem en dit saamgestel om ‘n baie realistiese foto van die maan te produseer. En, is dit moontlik om byna die spoed van lig te bereik?
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.