Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 10 Oktober 2021
    Daar is verskeie plekke in die wêreld wat met ‘n donkerlug status kan spog. Wat presies word bedoel met hierdie begrip in sterrekunde?  Die span praat ook oor die rol van ‘n atoomklok in die ruimte. Verlede week was Internasionale Ruimteweek en, die span vertel hoe dit in Suid-Afrika gevier is.
    26 min
  • Sterre en planete 3 Oktober 2021
    Wat is terraformering?  Jim Adams, Sterre en Planete se man in Maryland in die VSA, verduidelik wat daarmee bedoel word.  Daar is ook interessante inligting oor baie koue plekke op die maan – plekke wat oor miljoene jare nog nooit die son gesien het nie. Een van die tegnieke om ruimtetuie te laat versnel is die slingervelmetode, waar die gravitasie van ‘n planeet gebruik word om tuie vinniger te laat beweeg.  Dit is ook een van die onderwerpe waaroor Jim praat.
    26 min
  • Sterre en planete 26 September 2021
    Soos die belangstelling in die ruimte toeneem, neem die belangstelling in amateursterrekunde toe. ‘n Vraag wat dikwels voorkom, is watter amateurteleskoop aangekoop moet word. Die span verduidelik wat in gedagte gehou moet word, en die onderskeid tussen ‘n Alt-Az en ‘n ekwatoriale teleskoop.  Lafras Smit verduidelik ook wat die beste teleskoop vir astrofotografie is.
    27 min
  • Sterre en planete 19 September 2021
    ‘n Voorwerp, waarskynlik ‘n asteroïede, het Dinsdag in ons sonnestelsel se grootste planeet, Jupiter, ingeval. Ons praat hieroor met Clyde Foster, wat Jupiter deurgaans fyn dophou. Is daar klank in die ruimte? Dit is een van die luisteraarsvrae wat beantwoord word. Daar word ook gesels oor een van die Hubble-teleskoop se beroemdste foto’s – die Hubble Ultra Deep field.
    29 min
  • Sterre en planete 12 September 2021
    Met die mensdom se betreding van die ruimte, het die kwessie van ruimterommel telkens na vore gekom.  Die span praat oor dié probleem. Willie Koorts vertel hoeveel lanserings al sedert Sputnik plaasgevind het. Magda Streicher vertel van die Noorderkruis wat deesdae op die noordelike horison te sien is. Daar is meer sonsiklusse as die elf jaar siklusse waarvan ons weet.
    26 min
  • Sterre en planete 5 September 2021
    Die veelbesproke James Webb-ruimteteleskoop vat eersdaags die pad na Frans-Guiana vanwaar die lansering sal plaasvind. Jim Adams praat oor die teleskoop en hoe dit verskil van die Hubble-ruimteteleskoop. Die teleskoop sal op die L2-punt in die ruimte geplaas word om waarnemings in die infrarooigolflengte te doen.  Jim verduidelik ook hoekom die lansering nie in die VSA plaasvind nie.
    28 min
  • Sterre en planete 29 Augustus 2021
    Daar was onlangs oor groot dele van die land opgewondenheid oor ‘n brandende voorwerp wat van noord na suid deur die ruimte getrek het.  Was dit ‘n meteoor, asteroïede of iets anders?  Ons hoor van ‘n nuwe ruimte-organsisasie wat in Suid-Afrika tot stand gaan kom, en praat met ‘n planetêre waarnemer oor sy foto’s van twee van Jupiter se twee mane.  Die foto’s is so duidelik dat die skadu van die mane op die planeet gesien kan word.
    26 min
  • Sterre en planete 22 Augustus 2021
    Wat is die verskil tussen ‘n nova en ‘n supernova?  Die span praat oor ‘n nova wat skielik baie helder geword het en moontlik met die blote oog sigbaar sal wees. Daar is ook interessante inligting oor metings wat die Marstuig, Insight, gedoen het oor die ingewande van die rooi planeet. Die ruimte lewer allerhande klanke op, en jy kan hoor hoe dit klink as ‘n tuig verby Venus vlieg.
    27 min
  • Sterre en planete 15 Augustus 2021
    Foto’s is onlangs bekend gestel van Space X se Starship. Wanneer die tuig gelanseer word, sal dit die grootste ruimtetuig ooit wees om Moeder Aarde te verlaat. Daar word ook gepraat oor ‘n Russiese tuig wat amper amok gemaak het toe dit by die Internasionale Ruimtestasie moes aansluit.
    28 min
  • Sterre en planete 8 Augustus 2021
    Die mens kyk dikwels met verwondering na die naghemel. Dan gebeur dit soms asof dit lyk of twee voorwerpe baie na aanmekaar of selfs bo-oor mekaar verskyn.  Wanneer dit gebeur trek dit baie aandag. Dit word ‘n konjunksie of ‘n oorgang genoem.  Wat is dit?
    26 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.