Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 23 Mei 2021
    Die Clyde’s spot op Jupiter is besig om te verander.  Sterre en Planete het in 2020 met Clyde Foster van Centurion gepraat oor die kol op Jupiter wat hy waargeneem het.  Die verskynsel is toe na om vernoem.  Die Juno-ruimtetuig wat in die omgewing van Jupiter wentel, het onlangs foto’s van die kol geneem, en dit blyk  dat die kol besig is om te omvorm. Clyde vertel wat besig is om te gebeur. Daar is ook inligting oor ruimtemanne wie se harte, ná maande in die Internasionale Ruimtestasie, gekrimp het.
    30 min
  • Sterre en planete 16 Mei 2021
    Wat is die kans dat intelligente lewe op eksoplanete gevind kan word?  Dit is een van die vrae wat ‘n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gevra het. Willie Koorts gesels ook oor die Sjinese Longmarch vuurpyl wat naby die Maldives in die see gestort het.  En die span praat oor die klank van die rotors van Ingenuity op Mars.
    28 min
  • Sterre en planete 9 Mei 2021
    Wat word van  frekwensies wat die ruimte ingestuur word? Daar is ook inligting oor die internasionale Space Ops-konferensie wat die afgelope week virtueel deur SANSA aangebied is. ‘n Vraag oor wat die kolle op die maan is, word ook beantwoord.
    29 min
  • Sterre en planete 2 Mei 2021
    Titaan is die grootste maan wat om Saturnus wentel.  Nasa beplan om ‘n sending na dié vreemde hemelliggaam te stuur.  Die Dragonfly-sending sal in die 2030's in die rigting van Saturnus gelanseer gelanseer word.  Wat die sending nog meer interessant maak is dat ‘n super-Ingenuity met die naam, Dragonfly, die digte atmosfeer en opppervlak van Titaan sal ondersoek.  Die Dragonfly sal vier dubbelrotors hê.
    29 min
  • Sterre en planete 25 April 2021
    Die ruimtewetenskap het nog ‘n treetjie vorentoe geneem toe die Marshelikopter sy eerste vlug op die rooi planeet suksesvol onderneem het. Jim Adams  praat oor die sending en wat dit vir die toekoms beteken. Daar is allerhande vrae wat by mens opkom, soos wat het geword van die Marsstof wat sou opwaai as Ingenuity sou opstyg? Watter paadjie moes die sein loop van die helikopter af om by JPL in die VSA uit te kom?
    30 min
  • Sterre en plante 18 April 2021
    Dit is vanjaar 60 jaar gelede dat die eerste mens die ruimte ingeskiet is. Die span praat oor die vlug van Juri Gagarin. Daar is ook inligting oor jy weet of jy ‘n meteor of ‘n satelliet gesien het. Die span praat ook oor die gravitasielenstegniek waardeur baie veraf voorwerpe as’t ware vergroot word.
    28 min
  • Sterre en planete 11 April 2021
    Hoe word die aktiwiteit van die son gemeet? ‘n Luisteraar het ook gevra of die voorspellings waar was wat gelui het dat die son se lae akiwiteit ongewone koue gaan beteken. Daar word gepraat oor die Internasionale Donker lug-week en wat dit beteken.
    26 min
  • Sterre en planete 4 April 2021
    Baie mense vra wat die nut daarvan is om ruimteverkenning te doen? Jim Adams uit die VSA verduidelik watter tegnologie, wat in die ruimte ontwikkel is, byna daagliks deur almal gebruik word. Die lense wat deesdae in die kameras van selfone gebruik word, is een van die voorbeelde.
    29 min
  • Sterre en planete 28 Maart 2021
    Ruimtewetenskaplikes van NASA en JPL het verlede week ‘n nuuskonferensie gehou oor die planne met die Marshelikopter, Ingenuity. Daar is ook ‘n belangrike aankondiging gemaak oor dr. Japie van Zyl se rol tydens die projek. Lafras Smit vertel wat in April in die ruimte te sien is. En daar is ‘n vraag of die aarde aan sy een kant meer hitte verloor as die anderkant.
    28 min
  • Sterre en planete 21 Maart 2021
    Watter soort teleskoop het Galileo Galilei gebruik om die hemelruim te verken? Die span gesels oor die verskil tussen refraksie- en refleksieteleskope. Is daar so iets soos ‘n sterrestelsel wat net radiogolwe uitstraal?
    27 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.