Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 14 Maart 2021
    ‘n Luisteraar wil weet of die swaartekrag van die son en die maan voorwerpe op aarde kan laat “groei”.  Kobus Olckers beantwoord ook ‘n vraag oor die Milankowietsj-verskynsel.  En daar is ‘n vraag of die vlaggies wat deur die Amerikaners op die maan geplant is, nog staan.
    27 min
  • Sterre en planete 7 Maart 2021
    Die hele program word gewy aan een van die opspraakwekkendste dele van die Perserverance-sending, Ingenuity – die Marshelikopter.  Toe dr. Japie van Zyl nog by JPL was, was hy een van die dryfvere om die helikopter deel van die sending te maak.  Jim Adams vertel hoe die helikopter werk en hoe groot die span is wat aan die klein tuigie van sowat 10 kubieke sentimeter gewerk het.
    28 min
  • Sterre en planete 28 Februarie 2021
    Die mensdom is gaande oor die kwaliteit van die videobeelde wat ontvang is nadat die nuutste aankomeling op Mars, Perseverance, se beeldsending vrygestel is. Lafras Smit, ons sterrespeurder, vertel wat daar in Maart te sien  sal wees, onder andere ‘n konjunksie. En wat word op die Internasionale Ruimtestasie gedoen as iemand sou sterf?
    29 min
  • Sterre en planete 21 Februarie 2021
    Met die Marstuig, Perseverance, wat sy pote op Mars neergesit het, is alle sintuie by Nasa en JPL nou daarop gespits om vas te stel of alles funksioneer. Een van die interessanste projekte is die Ingenuity Marshelikopter. Een van dr. Japie van Zyl se spanlede, Mimi Aung, wat die bestuurder van die Ingenuity projek is, vertel watter rol Japie gespeel het om die projek op sy bene te kry. Ons gesels ook met Magda Streicher wat twee asterismes opgespoor het, wat nou deur ‘n internasionale liggaam na oop sterrebondels herklassifiseer is.
    27 min
  • Sterre en planete 14 Februarie 2021
    Die rooi planeet, Mars, is deesdae baie in die nuus.  In verlede week se program het Jim Adams uitvoerig gepraat oor Perseverance wat eersdaags op Mars land. Perseverance is egter nie al tuig wat sy opwagting in by Mars sal maak nie.  Daar is tuie van die Verenigde Arabiese Emirate en China wat projekte op Mars gaan onderneem. Daar is ook ‘n antwoord op ‘n luisteraarsvraag oor wat van die triljoene sonne se energie word wat hulle uitstraal.
    30 min
  • Sterre en planete 7 Februarie 2021
    Ruimtewetenskaplikes sit vandeesmaand op die punte van hulle stoele, want die VSA se jongste Marstuig, Perseverance, sal op die 18de op die rooi planeet land. Jim Adams van Maryland in die VSA praat oor die ingewikkeldhede van die beoogde landing. Hy vertel ook van die eksperimente wat Perseverance sal doen.  Die ander deelnemers is prof. Matie Hoffman en Willie Koorts.
    27 min
  • Sterre en planete 31 Januarie 2021
    Die Diepruim-netwerk het pas ‘n nuwe antenna bygekry. Die span verduidelik wat die netwerk is en waar nie nuwe antenna is. Wanneer jy na die sterrehemel kyk, moet jy besef dat die lig van ‘n ster af kom wat moontlik nie meer bestaan nie.  Dit neem lig miljoene jare om teen 360,000 km per sekonde deur die ruimte te trek.  As dit so lank neem, kan dit beteken dat die die oorsprong van die lig, ‘n ster, lankal nie meer daar is nie.
    28 min
  • Sterre en planete 24 Januarie 2021
    SpaceX het ‘n paar dae gelede weer ‘n klomp Starlink-satelliete die ruimte in geskiet. Sterrekundiges raak bekommerd oor die uitwerking wat die satelliete op sterrekundige waarnemings sal hê. Hoor wat Elon Musk te sê het oor hierdie projek van hom. Een van Sterre en Planete se luisteraars wil weet wat die verskil tussen kosmos en ruimte is, en die span praat oor Insight op Mars en die “mol” wat onklaar geraak het.
    27 min
  • Sterre en planete 17 Januarie 2021
    Is die ruimte heeltemal donker? Die span praat ook die uitdying van die heelal, en waarop die beginsel gebasseer is. Het jy al van ‘n skrikkelsekonde gehoor?  Skrikkeljare is algemeen bekend, maar ‘n skrikkelsekonde? Een van die bekende bgerippe in die ruimtewetenskap is die mikrogolf-agtergrondgeraas, maar daar is nou vasgestel dat daar ook so iets soos ‘n agtergrondgebrom is.
    27 min
  • Sterre en planete 10 Januarie 2021
    Lafas Smit vertel waarna om in die sterrehemel in Januarie te kyk. Daar is inligting oor die rotasie van die son, en waar die son se noord- en suidpole geleë is. Willie Koorts gee ‘n uiteesetting van die atmosfere wat op planete bestaan, en wat bepaal of daar ‘n atmosfeer is of nie.  Die aarde se susterplaneet het byvoorbeeld ‘n redelike stewige atmosfeer.
    27 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.