Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 25 Oktober 2020
    NASA het die afgelope week hoofberigte oorheers toe die eerste Amerikaanse tuig op ‘n asteroïede neergestryk het.  Daar is ‘n antwoord op die vraag wat sal gebeur as ons susterstelsel, Andromeda, teen ons eie melkweg bots?  Daar is bewyse dat die twee stelsels stadig nader aan mekaar beweeg.  Een van die interessante brokkies inligting wat van die Voyager-satelliete af kom, is dat die digtheid van die ruimte op die plek waar hulle is, buite die heliosfeer, skerp toegeneem het.
    29 min
  • Sterre en planete 18 Oktober 2020
    Sterrekunde in Suid-Afrika is 200 jaar oud.  Willie Koorts praat oor die vroeë geskiedenis van sterrekunde aan die suidpunt van Afrika.  Matie Hoffman verduidelik waarom ‘n swerwersplaneet sonder ‘n son in die ruimte kan ronddryf.  Daar is ook inligting oor waarom radiosterrekundiges kommer uitgespreek het oor die Starlink-satelliete van Elon Musk, waarvan daar al 653 gelanseer is.
    30 min
  • Sterre en planete 11 Oktober 2020
    Het jy al gewonder wat die mense in die Internasionale Ruimtestasie doen as hulle kleedkamer toe wil gaan? Die span praat oor 'n nuwe toilet wat op pad is na die ruimtestasie. Kobus Olckers verduidelik wat bedoel word as hy praat van 'n sonwind. Lafras Smit vertel watter sterre en planete in Oktober in die hemelruim te sien is, en wat bedoel word met Mars is in opposisie.
    26 min
  • Sterre en planete 4 Oktober 2020
    Jim Adams, die voormalige adjunktegniesedirekteur van NASA gaan van nou af elke eerste Sondag van die maand aan die program deelneem. Hy vertel hoe hy in ruimte-ingenieurswese beland het en oor watter sendings hy beheer gehad het. Hy praat ook oor die Osiris-Rex sending waartydens 'n tuig in November op die asteroïede, Bennu, materiaal sal versamel om terug te bring aarde toe. Die ander spanlede is prof. Matie Hoffman en Willie Koorts.
    29 min
  • Sterre en planete 27 September 2002
    Kobus Olckers kyk na die ruimteweervoorspelling. Daar is 'n bespreking na aanleiding van 'n luisteraarsvraag oor hoe paralaks in die ruimte gebruik word om afstand te bepaal. Die kwessie of die ruimte 'n absolute vakuum is, word ook bespreek.
    29 min
  • Sterre en planete 20 September 2020
    Die ontdekking van moontlike lewe op ons buurplaneet, Venus, het ruimtekundiges opgewonde gemaak. Teleskope maak deesdae van CCD-tegnologie gebruik om beelde uit die ruimte te registreer. 'n Reuse CCD-kamera sal binnekort in 'n teleskoop in Chili geinstalleer word. Die kamera se sensor het 'n grootte van 3,200 megapixels.
    28 min
  • Sterre en planete 13 September 2020
    As mens snags opkyk na die sterrehemel, lyk alles kalm en rustig, maar eintlik kan die ruimte 'n rowwe plek wees. Een van die verskynsels wat die Aarde bedreig, is magnetiese storms. In die verlede was daar twee sulke storms wat opspraak verwek het. Die storm in 1859, bekend as die Carrington-voorval, het groot dele van die VSA en Europa sonder krag gelaat. Meer onlangs het 'n storm Quebec in Kanada getref en ook aansienlike skade aan kragnetwerke aangerig.
    29 min
  • Sterre en planete 6 September 2020
    Die dood van een van Sterre en Planete se spanlede, dr. Japie van Zyl, het wye reaksie uitgelok en wys hoe geliefd hy in Suid-Afrika was. In hierdie aflewering kyk ons na die mens Japie van Zyl. Daar is 'n gesprek met die persoon by Caltech en JPL, prof. Charles Elachi, wat daarvoor verantwoordelik was dat Japie na die VSA verhuis en 'n loopbaan daar begin het. Jim Adams van Nasa, wat saam met Japie aan ruimteprojekte gewerk het, praat ook saam. En daar is bydraes deur sy broer Ben en Japie se vrou Kalfie.
    28 min
  • Sterre en planete 30 Augustus 2020
    Een van Sterre en Planete se spanlede, dr. Japie van Zyl, is in Pasadena, Kalifornië in die VSA oorlede. Ons doen ‘n kort huldeblyk aan die geliefde Japie van Zyl. In ander ruimtesake gesels die span oor ‘n paar luisteraarsbriewe en foutiewe opvattings wat mense het. Daar is ook aanduidings dat die maan stadigaan besig is om weg te beweeg van die aarde af. Die bevinding is gemaak met behulp van lasterstrale wat op laserweerkaatsers op die maan gerig is.
    28 min
  • Sterre en planete 23 Augustus 2020
    Magda Streicher van Polokwane het saam met Clyde Foster 'n besondere toekenning van die Suid-Afrikaanse Amateur Sterrekunde Vereniging gekry. Ons praat met Magda oor haar werk, en waarom sy in sterstringe spesialiseer. Daar is ook nuus oor die ster, Betelgeuse, wat die afgelope maande tekens van verdowwing getoon het. Sterrekundiges het nou ontdek wat die rede daarvoor is. Betelgeuse is een van groot sterre in die Oriongroep.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.