Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 7 Junie 2020
    Ruimte-entoesiaste is steeds gaande oor die lansering van die Dragon-ruimtekapsule na die Internasionale Ruimtestasie. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe fyn die berekeninge moet wees om die kapsule aan die ruimtesasie te laat koppel. Daar is nuus oor Hydrosat se planne om kameras met behulp van 'n ruimteballon te laat toets. Lafras Smit het inligting oor wat in Junie in die ruimte te sien sal wees, en Kobus Olckers gee 'n oorsig van ruimteweer.
    31 min
  • Sterre en planete 31 Mei 2020
    SpaceX en Nasa het gister geskiedenis gemaak toe twee ruimtevaarders in die Dragon-kapsule na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer is. Dr. Japie van Zyl, Willie Koorts en prof. Matie Hoffman verduidelik hoekom die sending histories is, en vergelyk hierdie nuwe tegnologie met die pendeltuigtegnologie van die verlede.
    27 min
  • Sterre en planete 24 Mei 2020
    Die Voyager-satelliete is steeds onderweg van ons sonnestelsel af, en bevind hulle tans in die heliosfeer. Voyager 2 het onlangs probleme begin gee, en wou nie opdragte wat van die aarde af gestuur is, gehoorsaam nie. Ruimtewetenskaplikes het daarin geslaag om die satelliete, wat sowat 18-miljard kilometer van die aarde af is, weer aan die gang te kry.
    28 min
  • Sterre en planete 17 Mei 2020
    'n Sjinese Longmarch-vuurpyl het 'n paar dae gelede onbeheerd na die aarde teruggeval. Die span praat oor die implikasies van so 'n gebeurtenis. Daar word ook gesels oor die gevolge wat die coronavirus vir die ruimtebedryf het, en watter voorsorg die SAAO tref om te sorg dat die teleskope op Sutherland sonder haakplekke funksioneer. Dr. Japie van Zyl gee ook 'n opdatering van sy span se poging om 'n vinnige, doeltreffende virusopspoor-apparaat te ontwikkel.
    27 min
  • Sterre en planete 10 Mei 2020
    Waarom is sommige komete groen? Die span vertel wat moontlik tot die groen kleur aanleiding kan gee. Dit is veral na aanleiding van die groen komeet Swan wat tans in die hemelruim te sien is. Lafras Smit, ons verslaggewer in die Vrystaat, brei ook uit oor waarna mense kan kyk as hulle gedurende die volgende paar weke na die hemelruim kyk.
    30 min
  • Sterre en planete 3 Mei 2020
    Een van die konstellasies wat bekend is aan baie mense, is die Suiderkruis.Willie Koorts verduidelik hoe om die kruis in die hemelruim te kry. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe hy vorder met sy twee projekte - die lansering van die Hydrosat-satelliete en die vervaardiging van die Covid-toetsapparaat wat 'n volledige uitslag binne 10 tot 15 minute sal gee. Prof. Matie Hoffman beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die uitdying van die heelal.
    29 min
  • Sterre en planete 26 April 2020
    Hoe ver noord moet jy gaan om die Noorderligte mooi te kan sien, en hoe lyk die koue, noordelike sterrehemel van Baffin-eiland in Noord-Kanada? Sam de Beer van Nunavut in Kanada is 'n gereelde luisteraar na Sterre en Planete. Hy vertel van die sterrehemel in sy omgewing. Die span praat ook oor 'n asteroïed wat later vandeesweek naby die aarde verbyflits. En daar is nuwe inligting oor die uitdying van die heelal.
    28 min
  • Sterre en planete 19 April 2020
    Waarom is die windspoed op Mars belangrik vir die Mars-helikopter wat met die volgende sending na die rooi planeet met sy dun atmosfeer, gestuur sal word? Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe toetse gedoen is met die helikopter om te verseker dat die tuig, wat onlangs aan die Marstuig gekoppel is, na wense funksioneer. Willie Koorts vertel ook van die grootste supernova-uitbarsting wat tot dusver waargeneem is.
    29 min
  • Sterre en planete 12 April 2020
    Een van Sterre en Planete se entoesiaste, Lafras Smit, verskaf elke tweede Sondag van die maand inligting oor waarna mense kan kyk as hulle in die naghemel opkyk. Die span praat ook oor verskillende selfoontoepassings wat mens kan gebruik om na sterre en planete te kyk. Is daar 'n verband tussen die maksimummaan en die minimumson wat ons tans beleef? Die vraag word deur Kobus Olckers uit Amerika beantwoord.
    29 min
  • Sterre en planete 5 April 2020
    Hoe raak iemand soos dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratoty betrokke by die stryd teen Covid-19? Daar is inligting oor 'n onverklaarbare piek in die teenwoordigheid van metaangas in die atmosfeer. Die span praat oor 'n sending wat daarop gemik is om 'n asteroïede te manuvreer sodat dit nie die aarde tref nie. Dit is die Dart-sending waarin 'n gevorderde ioonmotoraandrywingstelsel gebruik sal word.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.