Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 19 Januarie 2020
    As jy in die veld loop en jy sien 'n besondere klip of rots, hoe sal jy weet of dit 'n meteoriet is of nie? In vanaand se aflewering van Sterre en Planete is daar meer inligting. Die span praat ook oor 'n lig-aangedrewe seil wat in die ruimte gebruik kan word. Ruimtewetenskaplikes is steeds besig om aan planne te dink om ruimte-rommel te beveg en ESA gaan 'n tuig opstuur om te eksperimenteer met hoe die rommel gevang kan word.
    29 min
  • Sterre en planete 12 Januarie 2020
    Wat sou met ons gebeur indien ons son 'n supernova sou word? Die span gesels ook oor die nuwe Starlink-satelliete wat deur Space X gelanseer is. Kobus Olckers beantwoord 'n luisteraarsvraag oor of daar 'n korrelasie tussen sonvlekke en die groei van gewasse kan wees. En die ruimtevaarder, Chris Hadfield, bespreek die vraag of die mens swaartekrag kan beheer.
    25 min
  • Sterre en planete 5 Januarie 2020
    Een van die groot sterre in die ruimte, Betelgeuse, toon eienaardige gedrag. Daar word bespiegel dat dit dalk die begin van 'n supernova-ontploffing kan wees. Dr. Japie van Zyl van Hydrosat praat oor die moontlikheid dat iets soos 'n ruimtetuig teen die Internasionale Ruimtestasie kan bots, en wat die gevolge sou wees. Daar is ook inligting oor die maan wat blykbaar vroeër in sy bestaan nader aan die aarde was as wat dit nou is. 'n Luisteraar wil weet of die nader afstand van die maan nie 'n effek op die aarde se oseaangetye sou hê nie.
    30 min
  • Sterre en planete
    Wat beteken 'n suksesvolle mislukking? Dit is terminologie wat dikwels gebruik word as 'n ruimtesending om die een of ander rede misluk. Die span praat oor die Boeing Starliner wat nie daarin kon slaag om by sy doelwit, die Internasionale Ruimtestasie, uit te kom nie. President Trump het ook onlangs bekend gemaak dat 'n ruimteweermag in die lewe geroep is om moontlike agressie uit die ruimte hok te slaan.
    28 min
  • Sterre en planete
    Waarom is dit nodig om in die Internasionale Ruimtestasie te oefen, veral as mens dink dat daar geen swaartekrag is om jou moeg te maak nie? Ruimtevaarder Chris Hadfield verduidelik. Daar is ook 'n vraag oor waarom die maan soveel meer kraters het as die aarde. Die maan se afstand van die aarde af, en die uitwerking van die maan se swaartekrag op oseane word ook bespreek.
    27 min
  • Sterre en planete
    Heelwat mense het onlangs die Starlink-satelliete gesien, wat pas in die ruimte geplaas is. Die span vertel meer van die SpaceX-projek. Een van die bekende ruimtevaarders, Chris Hadfield, praat ook oor wat met die menslike liggaam sal gebeur as dit aan die buitenste ruim blootgestel word. En die Sjinese het 'n radio-antenna aan die agterkant van die maan ontplooi om as herleistasie te dien.
    27 min
  • Sterre en planete
    Wat sou gebeur as 'n komeet op Tafelberg val? Dit is 'n vraag wat 'n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gestuur het. Daar is ook 'n gesprek oor die verskil tussen 'n meteoor en 'n komeet. Is daar 'n korrelasie tussen sonaktiwiteit en hitte op aarde? Die span praat ook oor klein maantjies wat elke nou-en-dan om die aarde wentel.
    29 min
  • Sterre en planete
    Ruimtewetenskap het ook te doen met wat op Moeder Aarde aangaan. Dr. Japie van Zyl praat oor satelliete wat die oseaanvlak van die aarde meet, en of die vlak van die oseane dwarsoor die aarde relatief gelyk is. Die antwoord sal jou verbaas! Daar is ook vasgestel dat 'n bepaalde sterrestelsel, nie een nie, maar drie gravitasiekolke het. Die span praat ook oor die interessante verskynsel.
    29 min
  • Sterre en planete
    Waarom word die name van hemelliggame verander? Die span vertel wat die nuwe naam van Ultima Thule is. Dit is 'n voorwerp wat deur New Horizons afgeneem is en in die Kuypergordel lê. Daar word ook gesels hoe mens te werk gaan om ons sustergalaksie, Andromeda, te sien en of mens 'n teleskoop nodig het. Die stelsel sit tans bokant die noordelike horison, regs onder die Pegasuskonstellasie. Daar is ook 'n interessante vraag oor watter oppervlak van die maan werklik sigbaar is.
    29 min
  • Sterre en planete
    Die feit dat die aarde se baan om die son effe eksentriek is, laat mense wonder of dit nie tot klimaatsverandering aanleiding kan gee nie. Daar is ook inligting n.a.v. van 'n vraag of die sonwind nie 'n komeet se roei kan wegwaai nie. Die span praat ook oor hoe die Dopplermetode gebruik word as een van die maniere om eksoplanete op te spoor.
    27 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.