Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    As jy die regte toerusting het, sal jy die middag van 11 November kan sien hoe die sonnestelsel se kleinste planeet, Mercurius, voor die son verby skuif. Willie Koorts verduidelik waar en hoe mens moet kyk om die verskynsel mooi te sien. Wat is plasma in die ruimte? Kobus Olckers verduidelik wat dit is, veral na aanleiding van Voyager 2 wat die heliosfeer verlaat het. Ruimtewetenskaplikes het 'n merkbare verandering in die digtheid van ruimteplasma opgemerk soos wat die satelliet verder weg van die aarde af beweeg.
    25 min
  • Sterre en planete
    Posisiebepaling in die ruimte is belangrik, veral as jy met projekte in die diepruim besig is. Die span vertel hoe dit gedoen word. Daar is ook inligting oor satelliete wat aarde toe val en nie uitbrand nie, na aanleiding van 'n voorwerp wat in die agterplaas van 'n Amerikaanse boer geval het. Dr. Japie van Zyl gesels ook oor die geheime mini-pendeltuig wat ná etlike maande in die ruimte, teruggekeer het aarde toe.
    28 min
  • Sterre en planete
    Watter rol speel die aarde se atmosfeer in sterrekunde? Die span praat hieroor, en verduidelik uit watter lae dit bestaan. 'n Luisteraarsvraag oor die waarneming van sterlig en hoe 'n spektrograaf gebruik word om die lig van sterre te isoleer, word beantwoord. En Willie Koorts praat oor die verskil tussen spektrografie en fotometrie.
    30 min
  • Sterre en planete
    Daar is baie faktore wat 'n rol speel in klimaatsverandering. Kobus Olckers vertel van metaanhidriete wat op sekere plekke op die seebodem voorkom. Dit laat gasborrels vry, en as die see warmer word, word meer gasborrels vrygestel wat 'n bose kringloop kan laat begin. Dit gebeur vanweë die mens se bedrywighede, en die son wat wat tans op sy piek is. Daar word ook gepraat oor die wentelperiode van die internasionale ruimtestasie, en hoeveel keer die stasiebemanning die son sien opkom en ondergaan in 24 uur.
    28 min
  • Sterre en planete
    Tot dusver was Jupiter die planeet in ons sonnestelsel wat die meeste mane gehad het, maar die ringplaneet, Saturnus, het Jupiter nou onttroon. Die span vertel hoeveel mane Saturnus nou het. Daar is ook meer inligting oor die Hydrosat-projek van dr. Japie van Zyl, en wat die resolusie is van die foto's wat die satelliete van die aarde gaan neem. Kobus Olckers praat oor die son se draai-aksie, en hoe lank dit die son neem om een keer om sy ewenaar te roteer.
    27 min
  • Sterre en planete
    Een van die vrae wat dikwels deur luisteraars gevra word, is of die son se aktiwiteit weerpatrone op aarde kan beïnvloed. Die span praat hieroor, veral met betrekking tot kosmiese strale. Daar is ook 'n vraag oor hoe rekenaars wat aan boord van ruimtetuie is, se temperature beheer word. 'n Luisteraar wou ook weet of enige iemand al 'n ster sien vergaan het.
    28 min
  • Sterre en planete
    Gemeet teen die aarde, wat 'n deursnit van sowat 12-duisend kilometer het, is ons son reusagtig met 'n deursnit van 1,2 miljoen kilometer. Die span gesels oor die grootte van sterre, veral Beutelgeuse, wat as dit in ons son se plek was, die aarde en Mars sou ingesluk het. Die rooi ster in die Skerpioen, Antares, is veel groter. Daar word ook gepraat oor die bane van komete en of hulle noodwendig 'n elipsbaan om ons son volg.
    29 min
  • Sterre en planete
    As jy met 'n boer gesels, en hy vertel jou hy tel skape is dit te wagte, maar as hy begin vertel dat hy sterre ook tel, spits jy jou ore. Lafras Smit, wat in die Reitz-omgewing boer, is al 'n hele paar jaar 'n kranige sterrekyker. Hy vertel hoe hy te werk gaan om die hele melkweg af te neem. Die span praat ook oor 'n komeet wat moontlijk te sien sal wees. Daar is mense wat sê dat dit 'n tweede Oumuamua kan wees.
    26 min
  • Sterre en planete
    'n Luisteraar, Samuel de Beer, het uit die noorde van Kanada uit die provinsie Nunavut, 'n vraag gestel oor die voorspelbaarheid van auroras. Waar hy woon, binne die poolsirkel, is auroras redelik algemeen. Kobus Olckers praat auroras en waaruit hulle bestaan. Daar is ook 'n gesprek oor magnetisme. Dit lyk of die Voyager-tuie wat ver in die diepruim is, se masjiene afgeskakel gaan word. Willie Koorts het meer inligting oor hierdie merkwaardige tuie.
    26 min
  • Sterre en planete
    Waarom draai voorwerpe in die ruimte om 'n as? Wat het dit aangeskakel? Daar is ook 'n gesprek oor waar die voorwerpe in die ruimte hulle name vandaan kry. Een van die spanlede, dr. Japie van Zyl, het 'n groot toekenning by Nasa gekry. Hy praat oor hierdie prestasie.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.