Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    Wat beteken dit as ons sê dat 'n ruimtetuig die gravitasieveld van die aarde verlaat het? Die span kyk na die ontsnapsnelheid van ruimtetuie, en hoe ander hemelligame gebruik word om deur middel van die slingerveleffek hulle spoed te vermeerder. Een van die groot uitdagings in ruimtevaart is datatransmissie. Hoe lank neem dit vir 'n sein om van 'n ruimtetuig soos die Voyager af tot by die aarde te trek?
    27 min
  • Sterre en planete
    Wat is die verskil tussen 'n reaksiewiel en 'n giroskoop? 'n Luisteraar het ook gevra hoe dit gebeur het dat die planete en mane in ons sonnestelsel sferies is. En die span praat oor die vraag wat op die internet ronddryf of swaartekrag 'n mite is.
    28 min
  • Sterre en planete
    Is daar sterre wat ouer as die heelal is? 'n Vraag oor meteorietimpakte op die maan word ook beantwoord. En daar word oor gravitasiekolke gepraat en die feit dat die mens nog nie die kolke spesifiek waargeneem het nie. Dis net die effek van die kolk wat gesien word.
    27 min
  • Sterre en planete
    Kobus Olckers in Florida in die V.S.A. is een van Sterre en Planete se spanlede wat nie genoeg van die son kry nie. Hy kyk al tussen 30 en 40 jaar na ons ster, maar verlede week het hy iets op die son gesien wat hy nog nooit vantevore waargeneem het nie. Hy vertel wat hy gesien het. Daar is ook 'n antwoord op 'n luisteraarsvraag oor die diepte van die kraters op die maan.
    26 min
  • Sterre en planete
    Dis deesdae nie juis nuus as 'n satelliet gelanseer word nie. Die span oor die stappe wat gevolg moet word om 'n satelliet in 'n baan te kry, en of alle satelliete met stumotors toegerus is. In die wêreld van die ruimtewetenskap word daar ook na ander metodes gekyk om ruimtetuie mee aan te dryf. Daar is al in hierdie program gepraat oor ioonmotors, maar ligseile is ook iets waarna gekyk word.
    28 min
  • Sterre en planete
    Saturnus staan bekend as die koning van die ringe. Ringe wat soms oop of toe is. Wat beteken dit presies? Daar is ook inligting oor 'n onderhoud wat op TV uitgesaai is dat die maanlanding nie regtig plaasgevind het nie. Die span verduidelik waarom hierdie gebeurtenis nie fopnuus is nie. En een van die luisteraars het gevra waarom daar seisoene is. Die span verduidelik hoe dit werk.
    27 min
  • Sterre en planete
    Hoe ruik maanrots? Die program word gewy aan die maanlanding 50 jaar gelede. Daar is 'n paar interessante feite oor die maanlanding waaroor daar nie elke dag gepraat word nie, byvoorbeeld dat Neil Armstrong tydens 'n toetsvlug op aarde byna sy lewe verloor het, en dat die bekende woorde “One small step for man, one giant leap for mankind” onbepland was. Armstrong het die woorde sommer opgemaak. Ook interessant is die feit dat die datastroom van die maan af om die TV-beelde na die aarde te dra, 51,2 kilogrepe per sekonde was.
    28 min
  • Sterre en planete
    Die son het 'n magnetiese polariteitsiklus van ongeveer 11 jaar. Kobus Olckers praat oor nuwe inligting oor die siklus, en hoe sekere planete 'n rol hierin speel. Tot dusver het voertuie wat op die maan en Mars rondbeweeg het van tradisionele aandrywing gebruik gemaak, met ander woorde vierwielaandrywing. Die Europese Ruimte-agentskap het nou 'n ander metode ontwikkel wat 'n tuig as't ware van een punt na 'n ander laat bokspring!
    24 min
  • Sterre en planete
    Die datum, 20 Julie, waarop die eerste mens sy voet op die maan gesit het kom nou nader. Dr. Japie van Zyl van Hydrosat praat oor die tegnologie wat destyds bestaan het en hoe die Amerikaners dit tog reggekry het om hulle tuig, die “Eagle” op die maanoppervlak te laat land. Daar is ook inligting oor die “Dragonfly”-projek van Nasa om 'n tuig na een van Saturnus se mane, Titan, te stuur.
    27 min
  • Sterre en planete
    Die span het al voorheen gepraat oor die teenwoordigheid van metaangas op Mars. Dit het onlangs bekend geword dat daar 'n onverklaarbare piek in die teenwoordigheid van die gas op die planeet was. Dis een van die onderwerpe waaroor gesels word in die program. 'n Mylpaal is bereik toe 'n Falcon Heavy vuurpyl met 'n hele handvol satelliete die ruimte in geskiet is en boonop is die meeste dele van die vuurpyl herwin toe dit weer veiling op terra firma geland het.
    25 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.