Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    Die meeste planete in ons sonnestelsel het dieselfde rotasierigting. Daar is egter twee wat heeltemal anders roteer as die res. Daar is ook inligting oor waar die Parker-sonsatelliet hom bevind, en of daar al resultate is. Een van die luisteraars het 'n vraag gevra oor 'n helder voorwerp wat hy gesien het. Die voorwerp het helder geflits en toe verdwyn. Willie Koorts prrobeer die vraag beantwoord.
    25 min
  • Sterre en planete
    Die span praat oor Indië se jongste satelliet. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe moeilik dit is om swaar vragte op Mars te laat land. Hy praat ook oor satelliettegnologie om die waterbehoeftes van plante te monitor sodat water betyds gegee kan word. Die span kyk ook na 'n “oorvol” satellietgebied om die aarde wat in die toekoms probleme kan skep, veral met die kleiner kubersatelliete wat nou meer gereeld gelanseer word.
    31 min
  • Sterre en planete
    Ligo is 'n baie sensitiewe instrument wat gebruik word om gravitasiegolwe te meet. Hoor hoe sensitief die instrument is en hoe Ligo presies lyk. Daar is ook inligting oor die stigtingsvergadering van die Afrika Planetarium Vereniging wat in Kaapstad plaasgevind het. Prof Matie Hofmann het die vergadering bygewoon en hy vertel wat die doelstellings van die organisasie is. Willie Koorts beantwoord ook 'n luisteraarsvraag oor die posisie van galaksies en of dit 'n besondere betekenis het.
    30 min
  • Sterre en planete
    Tyd is 'n begrip wat moeilik is om te definieer. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die verskil tussen Sideriese, of sterretyd, en sontyd. Willie verduidelik hoekom daar by Sutherland net met sterretyd gewerk word. 'n Ander luisteraar het gevra of swaartekrag beteken se trekrigting altyd na die middel van die aarde is, al staan jy waar op die aarde.
    29 min
  • Sterre en planete
    'n Luisteraars wil weet hoe die son se energie-uitset vergelyk met die opwekking van elektrisiteit op aarde. Prof. Matie Hofmann verduidelik dat die sone elke sekonde 5000-miljoen Gigawatt uitsit! Daar is nog 'n luisteraarsvraag wat beantwoord word oor totale sonsverduisterings, en hoe dikwels dit voorkom. Willie Koorts verduidelik ook hoe die Orionkonstellasie lyk wat tans reg bo ons koppe te sien is. Opvallend is die drie konings en die Orion-gasnewel.
    31 min
  • Sterre en planete
    Heelwat luisteraars vra dikwels wat die opppervlaktemperatuur van ons ster, die son, is. Die span beantwoord die vraag, verduidelik waarom die korona van die son baie warmer is as die oppervlak. Daar is ook inligting oor Insight op Mars wat 'n rots raak geboor het, en planne word nou beraam om die boor verby die rots te stuur. Willie Koorts praat ook oor die grootte van sensors wat op teleskope en kameras gebruik word.
    27 min
  • Sterre en planete
    Dr. Japie van Zyl praat oor sy toekomsplanne, en hoe satelliete die landbousektor gebruik kan word, veral die spesialis-satelliete meer dikwels om die aarde wentel. Daar word ook gesels oor nuwe tegnologie waar X-strale vir beter kommunikasie in die ruimte gebruik sal word. Die span praat ook oor die welslae wat die Japanse Ruimte-agentskap gehad het met die Hyabusa-tuig wat op die Ryugu-asteroïed geland en opgestyg het.
    29 min
  • Sterre en planete
    Een van die vrae wat ons van 'n luisteraar gekry het, handel oor 'n helder voorwerp wat vanuit die weste al helderder geword het en toe na die noorde oor die horison verdwyn het. Die span bespiegel oor die moontlikheid dat dit 'n vliegtuig was wat reg op die luisteraar afgepeil het. Hy kon dus nie beweging sien nie, maar wel dat die voorwerp helderder word. Die feit dat die Mars 1-projek gelikwideer is, word ook bespreek. En die rol van spektrometers en spektrograwe word bespreek.
    30 min
  • Sterre en planete
    'n Luisteraar wil weet hoe mens die spoed van lig kan meet as daar nie duidelikheid is oor wat presies lig is nie. Willie Koorts verduidelik ook meer oor die skeppingsverhaal en die ruimte na aanleiding van 'n luisteraarsvraag. En Matie Hoffman praat oor die komeet Iwamoto wat wat tans in die omgewing van die aarde met 'n verkyker te sien is.
    31 min
  • Sterre en planete
    Wat is lig? Dis een van die tameletjies wat bespreek word. 'n Luisteraar, Pieter Smith, wil weet of dit moontlik is dat 'n maan ook 'n maan kan hê. En sterrekundiges daarin geslaag om konveksievlekke op 'n ander ster as ons son raak te sien. Heelwat inligting is beskikbaar oor die aktiwiteit van ons son, maar baie gevorderde optika word vereis om op 'n ander son aktiwiteit waar te neem.
    30 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.