Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    Dr. Japie van Zyl van JPL praat oor die projekte wat tans op Mars aan die gang is. Nog geen woord is gehoor van Opportunity af nie wat ná 'n reuse stofstorm, stil geword het. Hy sê dis moontlik dat die batterye gevries het, maar JPL bly nietemin op die uitkyk vir moontlike seine van die tuig af. Die statiese tuig, Insight, is besig om voor te berei om die seismograaf aan die werk te kry. Fyn verskuiwings moes gedoen word om die verbindingskabel tussen die tuig en die seismograaf gereed te kry. Daar is ook besluit waar die opvolger van Curiosity in 2021 gaan land – die Jezero krater.
    31 min
  • Sterre en planete
    'n Bolied, wat 'n meteoor is, het die Kaap voor verlede week op hol gehad. Verskeie rapporterings is ontvang van mense wat die ruimtelike voorwerp die aarde se atmosfeer sien binnekom het. Sommige mense het die ontploffigs gehoor toe die meteoor gedisintegreer het. Die span praat oor die gebeure en waarvoor mens moet oplet as 'n meteoor waargeneem word. Daar is ook inligting oor die verskillende katalogusse van die naghemel. Die bekendse sterkatalogus is die New General Catalogue.
    30 min
  • Sterre en planete
    'n Groot mylpaal is bereik met die oprigting van 'n monument van die ou LaMont Hussey teleskoop by die Digitale Planetarium in Bloemfontein. Daar is ook inligting oor 'n superbloedmaan wat binnekort gesien kan word. Suid-Afrikaners sal egter nie die geleentheid hê om hierdie supermaansverduistering te sien nie. Dit is elders op plekke in die wêreld sigbaar. 'n Luisteraarsvraag oor die afwesigheid van 'n magneetveld op Mars, word ook beantwoord.
    31 min
  • Sterre en planete
    Die span beantwoord luisteraarsvrae. Daar is 'n vraag van 'n jong luisteraar wat te doen het met die verskil in temperatuur tussen Venus en Mercurius. Mercurius is die naaste aan die son, en daarom sou mens dink dat die planeet warmer as Venus sou wees. Dit is egter nie die geval nie. Daar is ook inligting oor ultravioletbestraling, en wat die effek van hierdie bestraling op byvoorbeeld Uranus sou wees.
    28 min
  • Sterre en planete
    Die Marstuig, Insight, het sy seismometer op sy plek gesit, gereed om met opnames te begin. Dr. Japie van Zyl vertel waar dinge staan met Insight en of alles volgens plan verloop. Daar is ook inligting oor die New Horizons-satelliet wat hom tans in die Kuiperbelt bevind en redelik onlangs by 'n asteroïde, Thule, verby getrek het. Die span op die grond wag nou vir duideliker foto's van Thule. Die span gesels ook oor 'n kubesatelliet wat onlangs deur Suid-Afrikaanse wetenskaplikes die ruimte ingestuur is.
    30 min
  • Sterre en planete
    Soos met baie dinge tydens die jaarwisseling, kyk die span terug na die afgelope jaar op ruimtegebied. Wat beslis uitstaan, is die suksesvolle landing van Insight op Mars. Die tuig het reeds met sy werksaamhede begin. Die Parkersending na die son is ook 'n belangrike gebeurtenis, en baie mense sal ook die maansverduistering onthou.
    30 min
  • Sterre en planete
    Wat is 'n astronomiese eenheid? Die span praat oor 'n sonnestelsel-voorwerp wat 120 astronomiese eenhede ver is. Dit is die verste wat 'n liggaam in ons sonnestelsel waargeneem is. Die voorwerp se naam is Far Out. Daar is ook inligting oor 'n waarneming dat Saturnus besig is om sy ringe te verloor. En daar is 'n uitgebreide verduideliking oor wat donker materie is na aanleiding van SALT wat 'n rol speel om die materie te bestudeer.
    29 min
  • Sterre en planete
    Die Voyager 2-satelliet wat in die jare sewentig gelanseer is, is nou amptelik buite ons sonnestelsel. Daar is ook 'n interessante snit van die klank wat die wind van Mars maak wanneer dit oor Insight se sonpanele waai. Dit is opgeneem deur die seismometer wat deel van Insight is. Daar is ook meer inligting oor die komeet, 46P Virtinun, wat tans in ons naghemel sigbaar is. Die komeet behoort op 16 Desember 2018 in die omgewing van die sewe susters met 'n verkyker sigbaar te wees.
    29 min
  • Sterre en planete
    Is die mensdom verantwoordelik vir klimaatsverandering? Kobus Olckers praat ook oor 'n moontlike buitengewone lang sonminimum wat ook 'n uitwerking op die klimaat kan hê. En daar word gesels oor 'n komeet, 46P Wirtanen, wat deesdae reg bokant ons te sien is. Willie Koorts verduidelik waar die komeet te sien is.
    28 min
  • Sterre en planete
    Dr. Japie van Zyl vertel van die spanning wat in die InSight-beheerkamer geheers het voor die tuig op Mars geland het. Hy sê alles het só glad verloop dat hy begin bekommerd raak het. Hy vertel ook wat die volgende stappe is wat gedoen moet word.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.