Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    Edwin Hubble se naam is sinoniem met die begrip van 'n uitdyende heelal. Daar is egter stemme wat opgaan dat 'n Belgiese priester, Lemaitre, ook deel van die eer moet kry. Hy het afsonderlik van Hubble gewerk aan die idee van 'n heelal wat groter word, die sogenaamde rooi verskuiwing. Prof. Matie Hofmann van die Digitale Planetarium en Willie Koorts van die SAAO praat oor hierdie twee groot geeste in die wêreld van sterrekunde. Daar is ook aanduidings dat die Internasionale Sterrekunde Unie moontlik 'n fout gemaak het om Pluto af te skaal na 'n dwergplaneet.
    28 min
  • Sterre en planete
    Ons ruimteweervoorspeller, Kobus Olckers, vertel of die nuwe sonsiklus al in sy beginstadium is. Hy praat ook oor die rekordtemperature wat in Engeland aangeteken is, en waarom dit gebeur. Die span gesels ook oor newels in die ruimte. Die bekendste is die Orionnewel en die Carinanewel naby die Suiderkruis. Dit is interessant om te hoor waaruit newels bestaan, en waar die lig vandaan kom wat ons toelaat om deur 'n teleskoop daarna te kyk.
    29 min
  • Sterre en planete
    Daar is al hoe meer aanduidings dat daar volop water in die ruimte is. Dr. Japie van Zyl en prof. Matie Hofmann praat oor hierdie bevindings. Japie het al talle kere gesels oor die water wat onder die oppervlak van twee mane is - Enceladus naby Saturnus, en Europa by Jupiter. Daar is ook 'n opdatering van Insight se vlug na Mars, veral omdat dit lyk of die stofstorm op die rooi planet aan die bedaar is. Daar is egter nog geen teken van lewe van Opportunity ontvang nie, want die batterye mag moontlik nie weer laai nie aangesien die dik laag stof te lank oor die tuig gehang het.
    30 min
  • Sterre en planete
    Jupiter is sowat 4,5 astronomiese eenhede van die son af. Dit is 150 miljoen kilometer vermenigvuldig met 4,5. Die aarde se afstand van die son af is 150 miljoen kilometer. Dit is een astronomiese eenheid. Aangesien die rooi planeet veel verder van die son af is as die aarde, is dit ook 'n kouer plek. Die span praar oor 'n superwarm eksoplaneet wat by 'n ander ster gevind is. Daar is ook inligting oor hoeveel ekspolanete daar reeds gevind is.
    31 min
  • Sterre en planete
    Die span praat oor die SKA-projek, wat sy deure vir 'n groep belanghebbendes oopgemaak het. Prof. Matie Hoffman was een van die uitgenooide gaste, en hy vertel van die belewenis. Daar is ook 'n gesprek met Kathryn Rosie van SKA. Sy is die projekingenieur van die Hera-projek. Sy vertel wat die doel met die onderneming is en waarom hulle material gebruik wat by elke plaaslike hardeware winkel beskikbaar is.
    27 min
  • Sterre en planete
    Die span bespreek die Parker-satelliet se sending na die son. Dis 'n tuig wat uiteindelik binne in die son se korona werksaam sal wees. Daar baie uitdagings om die instrumentasie teen die son se hitte en bestraling te beskerm. Daar word ook gesels oor die meteorietreën wat elke nou en dan voorkom.
    28 min
  • Sterre en planete
    Japie van Zyl vertel van die water wat onder die oppervlak van Mars gekry is, en waarom dit waarskynlik soutwater is. Hy praat ook oor die rooi pleneet se stofstorm wat aan die bedaar is. En die span gesels oor die projek om asteroiedes op te spoor, wat nou 20 jaar oud is.
    31 min
  • Sterre en planete
    Die Satelliettoepassingsentrum by Hartebeeshoek, wes van Pretoria, doen belangrike werk oor die bestuur van satelliete. Die besturende direkteur van van die sentrum, Raoul Hodges, vertel hoe hoog die werk van die sentrum onder die ruimtegemeenskap geag word. Willie Koorts gesels ook oor die werk wat hy by die SAAO doen, en waarom hy so dikwels op Sutherland kuier.
    29 min
  • Sterre en planete
    Hoe weet mens waar om te begin kyk na sterre en planete? Magda Streicher van Limpopo verduidelik hoe jy te werk moet gaan. Daar is baie inligting beskikbaar op die internet en in boeke. Jy hoef ook nie 'n wafferse teleskoop te hê om die naghemel te begin ondersoek nie – 'n verkyker sal ook doen. En Willie Koorts verduidelik hoe mens sterkaarte gebruik om jou rigting in die swart gewelf te bepaal.
    31 min
  • Sterre en planete
    Die span gesels oor die maansverduidetring wat aan die einde van Julie plaasvind. Willie Koorts bespreek die verskillende stadiums van die verduistering, en wat die verskil is tussen 'n maansverduistering en 'n sonsverduistering. Daar is ook inligting oor 'n moontlike meteoor wat oor dele van Noordwes gesien is.
    30 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.