Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    Hoekom kan ons son nie as 'n gemiddelde ster beskou word nie? Hoe lank kan die son aanhou brand? Hoe kan die son sonder suurstof brand? Hoe ver in die ruimte het die magnetiese uitstralings van die son 'n invloed? Wat sal met son gebeur aan die einde van sy lewe?
    29 min
  • Sterre en planete
    Dr. Japie van Zyl vertel dat Mars se rooi kleur te wyte is aan die dik laag stof, wat reg om die planeet voorkom. Hy sê die stof is op sommige plekke tot 40 km dik! Die span gesels ook oor 'n projek van Jaxa, die Japanese ruimte-agentskap, wat besoek gaan aflê by 'n asteroïede.
    20 min
  • Sterre en planete
    As jy saans na die ooste kyk, sal jy 'n helder rooi voorwerp sien. Dit is Mars wat so duidelik vertoon. Miskien is dit die stofstorm wat tans aan die gang is wat, die planeet so 'n ekstra rooi kleur gee. Die span praat oor die storm, hulle gesels met ywerige sterrekyker Lafras Smit, wat in die omgewing van Heilbron boer. Hy is tans besig om die sogenaamde analemma te bestudeer. Hy vertel wat dit is en hoe hy dit doen. Willie Koorts praat ook oor sy besoek aan die VSA waar hy in Austin, Texas, die Spiekonferensie bygewoon het, waar daar oor teleskoop- en ruimtetegnologie gepraat is.
    31 min
  • Sterre en planete
    Het jy geweet dat die eerste kleurfoto van Mars geneem is met 'n teleksoop in Bloemfontein? Dawie van Jaarsveld vertel van die werk wat gedoen is met die teleskoop in die sterrewag op Naval Hill in Bloemfontein. Daar was ook onlangs 'n geleentheid waartydens die oorblyfsels van die bekende teleskoop 'n ereplek op Naval Hill gekry het. Die ou sterrewag huisves tans Suid-Afrika se eerste digitale planetarium.
    29 min
  • Sterre en planete
    Planne word gemaak om 'n satelliet gevaarlik naby aan die son te laat kom. Die Parker Solar Probe gaan 'n skrale sesmiljoen kilometer van ons ster af sy werk doen. Dr. Japie van Zyl gesels ook oor die koers korreksies wat aan Insight se trajek aangebring word om die tuig in November op die regte dag, uur en minuut op Mars te laat land. Daar is ook inligting oor atmosferiese riviere in die aarde se atmosfeer, wat uiterste weerstoestande kan meebring.
    30 min
  • Sterre en planete
    Planne word gemaak om 'n satelliet gevaarlik naby aan die son te laat kom. Die Parker Solar Probe gaan 'n skrale sesmiljoen kilometer van ons ster af sy werk doen. Dr. Japie van Zyl gesels ook oor die koers korreksies wat aan Insight se trajek aangebring word om die tuig in November op die regte dag, uur en minuut op Mars te laat land. Daar is ook inligting oor atmosferiese riviere in die aarde se atmosfeer, wat uiterste weerstoestande kan meebring.
    31 min
  • Sterre en planete
    Suid-Afrika het pas 'n nuwe teleskoop, die Meerlicht, in gebruik geneem. Dit sal in die optiese ligspektrum saam met die Meerkat-teleskope werk doen. Daar het onlangs in 'n berig inligting verskyn oor hoe verbasend min sonvlekke die son tot dusver vanjaar gehad het. Die aardkant van die son was 73 uit 128 dae vlekloos. Dit kan dui op die son wat op pad is na sy son-minimum. Dis egter onmoontlik om te sê of die son die Maunder-minimimvlak bereik het toe die Teemsrivier in Londen gevries het.
    28 min
  • Sterre en planete
    Hoe voel dit vir 'n Suid-Afrikaner uit die Bosveld om vir die eerste keer die Aurora Borealis te sien? Magda Streicher vertel van haar wedervaringe in Ysland, en 'n projek saam met Auke Slotegraaf om sterre in die Magelaanse wolk waar te neem. Daar is ook nuus oor die asteroïede wat 'n paar dae gelede rakelings verby die aarde geflits het.
    31 min
  • Sterre en planete
    Kobus Olckers, ruimteweerkundige in Florida, VSA, dr. Japie van Zyl, die direkteur sonnestelseleksplorasie van JPL in Kalifornië, Willie Koorts van die SA Astronomiese Observatorium en prof. Matie Hoffman van die die Digitale Planetarium en die Universiteit van die Vrystaat praat oor die Insight-projek wat verlede week gelanseer is. Japie van Zyl praat oor die uitwerking van bestraling deur die son op die satelliete, hoe ver die Insight van die kubsats af vlieg, en watter toetse nog gedoen moet word voordat die drietal in November by Mars aankom.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.