Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    Maandag 26 November is 'n groot dag vir dr. Japie van Zyl en sy span in Pasadena, Kalifornië, want Insight moet dan op Mars land. Hennie Maas en Willie Koorts gesels met hom oor alles wat gedoen moet word om die landing suksesvol te laat verloop. Dit is ook die eerste keer dat twee kubersatelliete 'n tuig na Mars vergesel om behulpsaam te wees met kommunikasie met die aarde. Japie praat ook oor die stappe wat gevolg word ná 'n suksesvolle landing van die tuig.
    28 min
  • Sterre en planete
    So elke nou-en-dan hoor mens van vreemde vlieënde voorwerpe. In die meeste gevalle is daar 'n natuurlike verklaring giervoor. Willie Koorts en prof. Matie Hoffman gesels oor 'n voorwerp, wat enersyds na 'n komeet lyk, en andersyds na 'n asteroide. Ruimtewetenskaplikes het agtergekom dat die voorwerp, Oumuamua, se gedragspatroon onkonvensioneel is. Daar is ook inligting oor 'n nuwe manier om die aarde te meet.
    28 min
  • Sterre en planete
    Die Dawn-ruimtetuig funksioneer nie meer nie. Die tuig het besoek afgelê by Ceres en Vesta. Daar was onlangs ook probleme met van die reaksiewiele van die Hubble-ruimteteleskoop, maar deskundies kon daarin slaag om herstelwerk te doen deur die rekenaars te herprogrameer.
    30 min
  • Sterre en planete
    Die VSA is die enigste land wat tot dusver daarin geslaag het om tuie op Mars te land. Dr. Japie van Zyl van JPL verduidelik hoe moeilik dit is om op die rooi planeet te land. Net 40 persent van die VSA se sendings na Mars was suksesvol. Intussen sit almal by JPL in spanning en wag vir 26 November wanneer die Insight-tuig op Mars moet land. Die Kepler-ruimteteleskoop funksioneer nie meer nie, en die span verduidelik watter omwenteling Kepler teweeg gebring het met sy speurtog na eksoplanete.
    31 min
  • Sterre en planete
    Suid-Afrika het 'n florerende satellietbouprogram. Dr. Sias Mostert van SCS Aerospace, wat satelliete vir kliënte regoor die wêreld bou, vertel van die verskillende soorte satelliete wat daar is, en wat gelei het tot die verkleining van satelliete dat daar nou gepraat word van nanosatelliete. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts gesels ook oor ruimteteleskope en hoeveel daar is - selfs teleskope wat op die aarde gerig is vir spioenasiedoeleindes.
    30 min
  • Sterre en planete
    Sal 'n kompas op die son werk? Kobus Olckers verduidelik wat die implikasies sal wees as jy poog om jou rigting met behulp van 'n kompas op die son te vind. Daar word ook gekyk na die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het dat 'n Soyuz-lansering skeef geloop het, en hoe die bemanning uiteindelik veilig teruggekeer het aarde toe. En is daar so iets soos 'n tipiese sonnestelsel?
    28 min
  • Sterre en planete
    Wetenskaplikes het die eeste maan buite ons sterrestesel gevind, wat om 'n eksoplaneet wentel. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts vertel meer van hierdie ontdekking. Daar is ook inligting oor 'n planeet wat moontlik as die negende planeet in ons sonnestelsel beskou kan word. Dit staan voorlopig bekend as Planeet X. Daar is ook nou aanduidings dat Voyager 2 besig is om die interstellêre gebied te betree. Dit is 'n gebied waar die son nie meer 'n invloed op die tuig het nie. Voyager 1 het 'n paar jaar gelede die gebied binnegegaan.
    30 min
  • Sterre en planete
    Die span vertel hoe moeilik dit is om 'n tuig op 'n asteroïed of komeet neer te sit. Die gebrek aan swaartekrag is die grootste probleem. Dr. Japie van Zyl doen ook verslag oor die welstand van Opportunity, wat steeds nie reageer ná die groot storm op Mars nie. Daar is ook 'n probleem met een van Curiosity se rekenaars, en die span by JPL is hard besig om die probleem op te los.
    30 min
  • Sterre en planete
    Japie van Zyl en Matie Hofmann gesels oor stof in die ruimte. Almal weet teen die tyd dat Mars baie stofstorms het, maar daar is onlangs waargeneem dat Saturnus se grootste maan, Titan, ook deur stofstorms geteister word. Hulle praat ook oor die werk wat Seti doen in hulle soeke na intelligente lewe.
    30 min
  • Sterre en planete
    Die span praat oor die verskil tussen sonne- en sterrestelsels. Daar word voortdurend nuwe stelsels ontdek en dit word nou aanvaar dat die sonne in sterrestelsels waarskynlik almal een of meer eksoplanete het. Daar word ook verwys na 'n planeet wat naby Proxima B gesien is. Proxima B is een van die naaste sterre aan die aarde.
    31 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.