Die VSA is die enigste land wat tot dusver daarin geslaag het om tuie op Mars te land. Dr. Japie van Zyl van JPL verduidelik hoe moeilik dit is om op die rooi planeet te land. Net 40 persent van die VSA se sendings na Mars was suksesvol. Intussen sit almal by JPL in spanning en wag vir 26 November wanneer die Insight-tuig op Mars moet land. Die Kepler-ruimteteleskoop funksioneer nie meer nie, en die span verduidelik watter omwenteling Kepler teweeg gebring het met sy speurtog na eksoplanete.