Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    Sterrekundiges het bekend gemaak dat hulle die verste supernowa ooit opgespoor het. In Sterre en Planete praat die span oor die Supernova wat 10,5 duisend miljoen ligjaar ver is. Een van die vrae wat bespreek word hoe mens iets wat so ver is kan meet. Daar is ook inligting oor die groot teleskoop van die Boyden sterrewag wat deesdae sonder 'n spieël sit want die spieël word op Sutherland gediens of gealluminiseer. Daar is ook nuus oor die Sterre en Planete-aand by Knorhoek in die Wes-Kaap as deel van die Woordfees.
    30 min
  • Sterre en planete
    Die span gesels oor die krag en grootte van die swaarste vuurpyl ooit, die Falcon Heavy. Wat die lansering merkwaardig maak, is dat dit gedoen is deur 'n privaatmaatskappy, Space X. Daar word ook gepraat oor NASA wat blykbaar van plan is om die befondsing van die Internasionale Ruimtestasie oor te skuif na die privaatsektor.
    30 min
  • Sterre en planete
    Wim Filmalter praat oor 'n paar tegnieke om sterre en die maan mooi af te neem. Kobus Olckers vertel van kosmiese strale. En daar is inligting oor twee sterrekyk-geleenthede. Die een is by Ludwig se roosplaas net noord van Pretoria, en die ander tydens die Woordfees by Knorhoek in die Wes-Kaap.
    30 min
  • Sterre en planete
    Een van die projekte waaraan dr. Japie van Zyl en sy span by die Jet Propulsion Laboratory werk, is die Europa Clipper-sending na een van Jupiter se mane. Hy vertel van een van die uitdagings wat sy span het om vas te stel of die oppervlak van die maan met bros ys bedek is, en of daar soliede ysplate is. Dit sal die ontwerp van die tuig beïnvloed. Daar is ook inligting oor soliede ys wat onder die oppervlak van Mars gevind is.
    30 min
  • Sterre en planete
    Die span gesels oor die verskillende sonne of sterre in ons sterrestelsel. Een van die interessante feite wat na vore kom, is dat dit ons son sowat 200 miljoen jaar neem om een keer om die sentrale punt in die Melkweg te roteer. Daar is ook interessante feite oor ligbesoedeling en die omvang daarvan.
    31 min
  • Sterre en planete
    2018 is, wat ruimte-aktiwiteit betref, 'n taamlike vol jaar. Die span gesels oor die doen en late van verskeie ruimteagentskappe. En Willie Koorts praat oor vanjaar se twee bloumane.
    29 min
  • Sterre en planete
    Kobus Olckers na die moontlikheid dat die hoë sonvlekaktiwiteitaktiwiteit moontlik tot 'n nuwe Maunder-periode kan lei. Tydens die vorige Maunder-periode van ongeveer 1659 tot 1772 het die aarde heelwat koeler temperature ervaar, sodat selfs die water in die Teemsrivier geys het. Die span praat ook oor die wisseling van die waarneembare sonversksynsels en die voorkoms van verskynsels wat baie moeilik gemeet kan word.
    31 min
  • Sterre en planete
    Dr. Japie van Zyl, direkteur van sonnestelseleksplorasie by die Jet Propulsion Laboratory in die V.S.A. praat oor die land se besluit om sy navorsing op die diep ruimte te fokus, en wat dit vir sy departement beteken. Daar word ook gepraat oor hoe ver in die ruimte sonkrag nog doeltreffend is, en die span gesels oor kubussatelliete wat deesdae baie gewild is.
    31 min
  • Sterre en planete
    Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts praat oor die Bethlehemster. Daar is baie oor hierdie ster bespiegel, en een van die vrae wat gevra word, is of dit moontlik 'n okkultasie was.
    31 min
  • Sterre en planete
    Die span vertel waar sterre se name vandaan kom. Sterre het verskillende name in die verskillende kulture. 'n Interessante vraag word ook bespreek oor fisika: As daar 'n ander beskawing elders in die ruimte sou wees, sou die fisikabeginsels dieselfde wees as hier op aarde?
    31 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.