Wim Filmalter praat oor 'n paar tegnieke om sterre en die maan mooi af te neem. Kobus Olckers vertel van kosmiese strale. En daar is inligting oor twee sterrekyk-geleenthede. Die een is by Ludwig se roosplaas net noord van Pretoria, en die ander tydens die Woordfees by Knorhoek in die Wes-Kaap.