Sterrekundiges het bekend gemaak dat hulle die verste supernowa ooit opgespoor het. In Sterre en Planete praat die span oor die Supernova wat 10,5 duisend miljoen ligjaar ver is. Een van die vrae wat bespreek word hoe mens iets wat so ver is kan meet. Daar is ook inligting oor die groot teleskoop van die Boyden sterrewag wat deesdae sonder 'n spieël sit want die spieël word op Sutherland gediens of gealluminiseer. Daar is ook nuus oor die Sterre en Planete-aand by Knorhoek in die Wes-Kaap as deel van die Woordfees.