Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    Al die lande wat te doen het met ruitenavorsing en -sendings het die afgelope week in Adelaide in Australië byeengekom. Dr. Japie van Zyl was ook daar. Hy vertel wat daar gebeur het, en dat die Amerika belangstel in satelliet-onderdele wat op Somerset-Wes ontwikkel word.
    31 min
  • Sterre en planete
    Die span verduidelik die verskille tussen die twee hoofgroepe teleskope, refraktor en reflektor. Die Hubble ruimteteleskoop is 'n reflektor met 'n spieël asook SALT op Sutherland wat 'n saamgestelde spieël het. Daar is ook 'n kort gesprek met dr. Japie van Zyl wat opgeneem is pas nadat die Cassini-verkenningstuig homself in die atmosfeer van Saturnus vernietig het.
    30 min
  • Sterre en planete
    Die Cassini-verkenningstuig het Vrydag sy swanesang gesing toe hy in Saturnus ingeduik het op 'n selfvernietigingstrajek. Die span gesels oor die gebeure en wat Cassini alles bereik het in sy 13 jaar lange sending by die ringplaneet. Daar is ook 'n gesprek oor die Kepler-ruimteteleskoop wat drie superaardes raakgesien het, nie te ver van ons sonnestelsel af nie. Die teleskoop het reeds 2 494 eksoplanete se bestaan bevestig.
    30 min
  • Sterre en planete
    Die son laat sy invloed op baie maniere op aarde geld. Die kragtige orkane wat die ooskus van Amerika tans teister, is een voorbeeld. Die span gesels oor die korrelasie tussen die son se gedrag en 'n verskynsel soos 'n orkaan. Daar is ook inligting oor die satelliete wat gebruik word om die son dop te hou. En Kobus Olckers vertel van 'n nuwe satelliet wat die ruimte ingestuur gaan word, wat byna binne die son se korona sal wentel.
    30 min
  • Sterre en planete
    Een van die veteraanruimtevaarders, Chris Hadfield, het onlangs gewonder waarom mense nie eerder die maan koloniseer as Mars nie. Dit is een van die onderwerpe wat die span bespreek saam met dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië. Japie vertel ook dat daar heelwat belangstelling in Amerika is om asteroïdes te gaan myn.
    31 min
  • 20 Aug
    Baie mense was die afgelope dae gaande oor 'n sterrereën wat oor Suid-Afrika gesien sou word. Die span verduidelik wat 'n sterrereën is, en waarom die Perseides nie oor Suid-Afrika gesien is nie. Daar is ook 'n verduidelking wat die verskil is tussen 'n meteoor en dit wat vroeg in 2013 oor Tsjeljabinks in Rusland bokant die aarde ontplof het.
    31 min
  • 13 Aug
    Wanneer Kobus Olckers uit die VSA gesels oor die verskynsels op die son, praat hy dikwels van dinge soos corona-gate, filamente en coronamassa-uitbarstings. Hy verduidelik wat die gevaarlikste van hierdie verskynsels is. Daar is ook 'n gesprek oor die onlangse gedeeltelike maasverduisdering, en hoe Willie Koorts te werk gegaan het om dit af te neem.
    29 min
  • 6 Aug
    Dr. Japie van Zyl vertel waarom dit lyk of NASA meer in mane belangstel as in planete. Hy praat ook oor die rol van die James Webb-ruimteteleskoop, en hoe die Jet Propulsion Laboratory by die teleskoop betrokke is. Hy gesels ook oor toekomstige moontlikhede om teleskope soos die James Webb te diens – iets wat nie tans moontlik is nie.
    28 min
  • 30 Jul
    GPS-toerusting gebruik satelliete wat om die aarde wentel om met navigasie te help. Ver in die ruimte sal dit nie help nie. Die span verduidelik wat ruimtewetenskaplikes doen om ruimtetuie rigting te gee, want as jy in die omgewing van Jupiter wentel, kan jy nie op 'n GPS staatmaak nie. Daar is ook inligting oor 'n Sterre en Planete-aand wat in Augustus by die Leriba hotel in Pretoria plaasvind.
    31 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.