Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 23 Jul
    Daar is al gesê dat die meeste wat jy in ruimte sal kry, is niks, maar is daar iets soos niks in ruimteterme? Daar is ook 'n gesprek oor seine vanuit die ruimte, wat by die Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico opgevang is. Wat sou die seine beteken? Is dit noodwendig 'n teken van lewe?
    29 min
  • 16 Jul
    Hoe lyk lig in die ruimte? Het jy agtergekom dat die bemanning van die Internasionale Ruimtestasie tydens hulle ruimtewandelings helder verlig is, maar dat die agtergrond van die ruimte pikswart bly? Die span bespreek die verskynsel, en daar is ook inligting oor kleur in die ruimte. Hoe word die indrukwekkende kleure van die Hubble-teleskoop foto's verkry? Hennie Maas en die span bespreek ook Juno se vlug oor die rooi kol van Jupiter.
    30 min
  • 9 Jul
    Ons het lanklaas met Dr Anton Koekemoer van die Space Telescope Science Institute in Baltimore, Amerika gesels. Hy is vanaand die gas in Sterre en Planete. Hy brei natuurlik uit oor die werk wat die Hubble teleskoop doen, maar ook oor die skedulering van die volgende ruimteteleskoop, die James Webb. Hy gesels oor die verwagte vermoë van die teleskoop wat 1 miljoen kilometer van die aarde af op die Lagrange punt (lagraanj) gaan wentel. Daar is ook planne vir 'n ander teleskoop.
    31 min
  • 2 Jul
    Die Opportunity Marstuig doen al vir meer as tien jaar sy werk op die Rooiplaneet. Dr. Japie van Zyl van JPL verduidelik vir ons watter take díe tuig tans verrig. Hy praat ook oor Internasionale Asteroïddag wat die afgelope week gevier is, en verduidelik dat 'n spesiale groep by die Jet Propulsion Laboratory byeengebring is om asteroïdes te soek.
    30 min
  • 25 Jun
    Vreemde vlieënde voorwerpe! Ons gesels oor moontlike vlieënde pierings, maar ook oor vlieënde klippe wat ons atmosfeer binnedring. Mense was die afgelope week of twee gaande oor 'n helder voorwerp wat ons ruimte ingeskeur het. Ons bespreek hierdie voorwerp en ook wat die verskil is tussen asteroides, meteore en meteoriete. Hennie Maas gesels met Willie Koorts van die SAAO en prof. Matie Hoffman van die Digitale Planetarium in Bloemfontein.
    30 min
  • 18 Jun
    Wat is die donker materie? Wel, die naam sê alles. Dit is materie wat onsigbaar is. Hennie Maas praat oor díe onderwerp tydens 'n spesiale opname by die Digitale Planetariuim in Bloemfontein. Prof. Matie Hoffman verduidelik vir ons wat materie nou eintlik is. Daar was ook vrae uit die gehoor, wat verband hou met die tergende vraag oor donker materie. Wat is byvoorbeeld die verskil tussen donker materie en donker energie?
    31 min
  • 11 Jun
    Die aktiwiteite op die son word deur 'n paar satelliete dopgehou. Een daarvan is die Solar Dynamic Observatory. Luister na meer oor die werksverrigting van die satelliet wat onlangs sy sewende verjaardag in die ruimte gevier het. Daar is ook inligting oor die stand van Saturnus se ringe wat deesdae as “oop” beskou word. Met ander woorde as 'n mens deur 'n teleskoop na díe ringplaneet sou kyk, sal mens die ringstelsel baie duidelik kan sien. Saturnus het laas die posisie bereik in 2003 en sal weer in 2032 so lyk. Vanaand kuier Kobus Olckers en Willie Koorts by Hennie Maas.
    29 min
  • 4 Jun
    Dr. Japie van Zyl, van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, glimlag breed want twee van hulle sonnestelselsendings werp reeds ongelooflike vrugte af. Ons brei uit oor die betekenis van die inligting oor Jupiter wat Juno besig is om na die aarde te stuur. Dr. van Zyl vertel dat dit baie beter is as wat verwag word en die kamera waarmee foto's van die pole geneem word se werksverrigting het hulle stoutste verwagtings oortref. Hy sê die nuwe inligting dui daarop dat die bestaande kennis oor díe gasplaneet baie aangepas sal moet word.
    31 min
  • 28 May
    Planetariums is nuttige instrumente om mense op 'n aanskoulike manier meer oor die ruimte in te lig. Prof. Matie Hoffman vertel van die nuwe tegnologie wat by 'n nuwe digitale planetarium in Kaapstad gebruik word. Hy praat ook oor donkermaterie, en of daar meer as een heelal is.
    30 min
  • 21 May
    Beweeg sterre? Wanneer jy na die naghemel kyk, lyk alles staties, maar op 'n ander tydskaal is daar tog beweging tussen die sterre onderling. Daar is ook sprake van lewe in die water onder die oppervlak van Enceladus, een van Saturnus se mane. Die span verduidelik hoe vasgestel kan word of daar lewe in die water is. En Willie Koorts gesels oor 'n nuwe teleskoop wat onlangs op Sutherland ingebruik geneem is, en wat 'n besondere naam gekry het.
    30 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.