Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 5 Mar
    Warrelwinde is nogal volop op Mars, tot so 'n mate dat die wind gebruik word om sonpanele van Marstuie skoon te waai. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië vertel meer van die aard van die warrelwinde. Vanweë Mars se lae atmosfeer sal wind wat teen sowat 100 km/h waai amper nie deur 'n gewone mense gevoel kan word nie. Nasa gaan ook volgende jaar 'n Marslander gebruik om in die oppervlak van Mars in te boor.
    20 min
  • 26 Feb
    Die span praat oor die weer op ander planete, soos Mars waar erge stofstorms voorkom, hoewel die atmosfeer daar beduidend dunner is as die Aarde s'n. Hoe gebeur dit dat die bekende rooi kolk op Jupiter al vir talle jare onverpoosd voortwoed? Hulle praat ook oor die belangrike vonds wat verlede week bekendgemaak is oor die rooidwergster wat sewe planete het wat om hom wentel.
    20 min
  • 19 Feb
    Later vandeesmaand is daar 'n interessante ruimteverskynsel wat dopgehou kan word. Die span gesels oor die gedeeltelike sonsverduistering wat oor feitlik die hele Suid-Afrika sigbaar sal wees. Hulle kyk ook na die ruimtegebeurtenisse wat die grootste impak gemaak het - van die lansering van die Sputniktuig in 1957 tot die Hubble-ruimteteleskoop wat die mens se siening van die ruimte radikaal verander het.
    21 min
  • 12 Feb
    Wat is die belangrikste oorweging as jy 'n eenrigting-reis na Mars wil onderneem? Adriana Marais het sulke planne, en sy vertel wat moet gebeur. Daar is ook 'n gesprek met Lynette du Preez vir wie die onlangse groen flits nie 'n vreemde verskynsel is nie. Sy en haar man het 'n paar jaar gelede tydens vaart om die wêreld in hulle seiljag, die verskynsel dikwels waargeneem. Kobus Olckers gesels ook oor die son wat 'n invloed het op dieregedrag.
    20 min
  • 5 Feb
    Die Jet Propulsion Laboratory, waar dr. Japie van Zyl een van die direkteure is, is op enige gegewe oomblik met tientalle projekte besig. Hy vertel van 'n paar van die projekte, veral die wat met lesings oor die aarde te doen het. Daar kan selfs gemeet word hoeveel water uit boorgate gepomp word! Hy vetrel ook wat die situasie met Juno en Cassini is.
    21 min
  • 29 Jan
    Die teleskoopplaas op Sutherland is 'n sterrekundige Verenigde Nasies. Willie Koorts vertel van die lande wat betrokke is, en 'n projek wat van 'n klein teleskoop gebruik maak. Robotika-tegnologie maak dit ook moontlik vir sterrekundiges elders in die wêreld om van die fasiliteite op Sutherland gebruik te maak.
    21 min
  • 22 Jan
    Die gesels span oor die voorwerpe wat hierdie tyd van die jaar in die hemelruim gesien kan word.
    21 min
  • 15 Jan
    NASA het onlangs bekend gemaak dat twee besondere sendings in die volgende jaar of drie die ruimte ingestuur sal word. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory verterl meer van die Psyche- en Lucy-sendings. Prof. Matie Hoffman praat ook oor sterrestelsels wat bots of op pad is om in 'n ander sterrestelsel in te beweeg, soos die Melkweg en Andromeda.
    20 min
  • 8 Jan
    Is klimaatsverandering gekoppel aan die son se aktiwiteit? En Wim Filmalter praat oor kamera/teleskoop-kombinasies vir astrofotografie.
    21 min
  • 1 Jan
    Die span kyk terug na die afgelope ruimtejaar. Dr. Japie van Zyl vertel ook waarom dinge skeepgeloop het met die Juno-tuig wat om Jupiter wentel.
    21 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.