Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 18 Dec
    Die uitdying van die heelal is 'n onderwerp waaroor baie gepraat word. Prof. Matie Hoffman vertel van nuwe teorieë wat na vore gekom het dat die heelal nie uitdy nie. Hy verduidelik ook wat die uitwerking van die nuwe siening is, en hoe 'n Nederlandse sterrekundige modelle saamgestel het wat die stelling probeer bewys.
    20 min
  • 11 Dec
    Met nuwe kamerategnologie en die toetrede van selfone, het astrofotografie baie meer gewild en makliker geraak. Wim Filmalter praat in die eerste van twee aflewerings oor die toersuting wat nodig is vir astrofotografie. Kobus Olckers bespreek ook wat die uitwerking van die son is op iets soos aardverwarming en klimaat.
    20 min
  • 4 Dec
    Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, het 'n hele paar jaar gelede voorgestel dat Mars se oppervlak met radar ondersoek moet word om die teenwoordigheid van water te bevestig. Hy verduidelik hoe die radar werk. Daar is ook 'n bespreking oor die grootte van die yskristalle in die ringe van Saturnus.
    21 min
  • 27 Nov
    Kosmiese straling is een van die groot uitdagings as mense na planete soos Mars wil reis. Ruimtewetenskaplikes wat in die Internasionale Ruimtestasie werk, moet voortdurend gemonitor word vir bestraling. Die span gesels ook oor die virtuele koördinate waarmee sterrekundiges in die ruimte werk. Begrippe soos regteklimming en deklinasie word gebruik.
    21 min
  • 20 Nov
    Mense wat teleskope bou en spieëls slyp in hulle agterplase is gewoonlik baie innoverend. Johan Swanepoel van George vertel van die 3D-drukkers wat hy gebou het om onderdele vir sy sterrekyk-toerusting te bou. En Kobus Olckers gesels oor die son se manewales, en of ander sterre dieselfde gedrag as ons s'n toon.
    21 min
  • 6 Nov
    Die ESA-tuig, Schiaparelli wat op Mars moes land en toe misluk het, is steeds in die nuus. Volgens dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië wys foto's wat deur 'n Nasa-tuig geneem is, dat die vuurpyle moontlik te kort gebrand het. Hy praat ook oor 'n kryo-vulkaan wat op Ceres waargeneem is. Dit is 'n vulkaan wat ys i.p.v. lawa uitstoot.
    21 min
  • 30 Oct
    Die span gesels oor die Groen Vlek en onder watter omstandighede dit gesien kan word. Dis glo taamlik raar dat mense dit sien. Willie Koorts was so gelukkig om dit saam met sy gesin te sien. Die span praat ook oor die nagevolge van die Schiaparelli-voorval op Mars.
    20 min
  • 23 Oct
    So in die loop van die week was alle ruimtebelangstellendes opgewonde oor Chiaparelli van ESA wat op die rooi planeet moet gaan land. Dit het later geblyk dat iets fout gegaan het met die landing aangesien geen sein ontvang is nie. Willie Koorts en dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory vertel hoe die twee tuie, Chiaparelli en Curiosity, van mekaar verskil. Ons geen ook aandag aan die super supermaan wat in November sigbaar sal wees.
    20 min
  • 16 Oct
    Die Hubble-ruimteteleskoop is al 'n paar dekades in sy baan om die aarde, en waarnemings wat met dit gedoen is, het baie inligting oor die ruimte op sy kop gedraai. Die span gesels oor die teleskoop en hoe dit verskil van die James Webb-teleskoop wat oor twee jaar gelanseer sal word. Die James Webb se saamgestelde spieël sal meer lig opvang en is saam groter as die spieël van die Hubble. Die ontwerp van die James Webb is ook heel anders.
    21 min
  • 9 Oct 2016
    Ruimteweervoorspelling is nodig vir kommunikasie- en elektriesestelsels. Kobus Olckers van Florida in Amerika praat oor die noodsaaklikheid van die voorspellings. Hy skets ook wat die rol van siklone is om van energie ontslae te raak. En daar is 'n bydrae oor 'n besondere projek wat op Secunda deur 'n groep skoliere onderneem word in samewerking met die plaaslike amateurradioklub.
    22 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.