Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 31 Jul 2016
    Een van die feitefoute wat mense maak as hulle na die hemelruim kyk, is dat die aand- of oggendster, 'n ster genoem word. Dit is nie 'n ster nie, maar die planeet Venus. Venus het 'n hele paar interessante eienskappe wat nogal vreemd is. Daar word ook gepraat oor die feit dat al vyf naakte oog planete tans sigbaar is – Mercurius, Venus, Mars, Jupiter en Saturnus.
    21 min
  • 24 Jul 2016
    Die eerste fase van die SKA-projek, die Meerkat, het vandeesweek vir groot opwinding gesorg deur die sogenaamde eerste lig te sien. Sterrestelsels is waargeneem wat andersins onbekend was. Die span gesels oor hierdie belangwekkende gebeurtenis en wat dit vir die toekoms van die projek beteken. Daar word ook gekyk na die vyf verskillende lae van die Aarde se atmosfeer.
    21 min
  • 17 Jul 2016
    Die span praat oor sterre se rotasie en die dwergplanete in ons sonnestelsel. 'n Nuwe dwergplaneet is onlangs weer ontdek. Dis interessant om te hoor aan watter eienskappe 'n planeet moet voldoen om as 'n dwergplaneet bestempel te word.
    21 min
  • 10 Jul 2016
    Toe ons verlede week met dr. Japie van Zyl van JPL oor die Juno sending gepraat het, was dit nog voor die tuig Jupiter se magneetveld genader het. Juno het intussen by die gasplaneet aangekom. Dr. van Zyl praat oor die welslae van hierdie belangrike stap van die sending. En Kobus Olckers vertek ook van die pole van die die son wat omswaai, en die son wat op pad is om sy minimum te bereik.
    21 min
  • 3 Jul 2016
    Daar is groot opgewondenheid oor die aankoms van die Juno-ruimtetuig by Jupiter. Dr. Japie van Zyl vertel hoe moeilik die sending is, aangesien die tuig baie naby aan die planeet sal beweeg en aan hewige magnetiese kragte onderwerp sal word. Die sending is so beplan dat die aankomsdatum saamval met Amerika se onafhanklikheidsvierings op 4 Julie.
    21 min
  • 26 Jun 2016
    Die Surveyor 1 is 50 jaar gelede na die maan gestuur om sagte landings te oefen. Daar is ook inligting oor 'n tweede gravitasiegolf wat met die Ligo-tegniek waargeneem is. Prof. Matie Hoffman verduidelik waarom dit belangrik is vir sterrekunde.
    16 min
  • 19 Jun 2016
    Na verlede week se uitsending waartydens stergeluide gespeel is, het talle navrae ontstaan oor die verskynsel. In Sterre en Planete gesels die span oor die sterklanke. Daar is ook inligting oor wat met 'n ster se gravitasie gebeur as die ster die einde van sy lewe bereik. Die deelnemers is Wille Koorts van die SAAO en Prof Matie Hoffman van die Boyden sterrewag op Bloemfontein.
    21 min
  • 12 Jun 2016
    Die twee satelliete wat die meeste inligting oor die son verskaf is die Soho en die Solar Dynamic Observatory. In Sterre en Planete praat Kobus Olckers oor die metings wat met behulp van die satelliete gedoen word. Die ander deelnemer in die program is 'n boer in die Heilbron-omgewing. Lafras Smit is 'n kranige sterrekyker en het onlangs begin met astrofotografie. Jy kan ook 'n paar sterregeluide hoor.
    20 min
  • 5 Jun 2016
    Temperature in die ruimte kan tot sover as -270 grade Celsius daal. Die vraag is hoe funksioneer elektroniese toerusting teen sulke onmoontlike temperature? In Sterre en Planete verduidelik die span watter maatreëls getref word om elektronika aan die gang te hou. Juno kom ook aan die begin van Julie by Jupiter aan. Dr Japie van Zyl verduidelik wat die doel van die satelliet is.
    20 min
  • 29 May 2016
    Tradisioneel het mense geglo dat 'n sonnestelsel se rotsagtige planete die naaste aan sy ster voorkom en daarna die gasplanete. Met die ontdekking van eksoplanete is dinge omgekeer. In Sterre en Planete vanaand gesels ons oa met Dr Rudi Kuhn van die SAAO oor die onlangse ontdekking van 'n eksoplaneet met behulp van 'n teleskoop op Sutherland. Dr Kuhn was verantwoordelik vir die sagteware wat die robotiese teleskoop aandryf.
    20 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.