Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 27 Mar 2016
    Vind uit waar jy 'n komeet, wat tans sigbaar op die suidelike horison is, kan sien. Hennie Maas en gaste bespreek eksoplanete met eksentrieke wentelbane en wat presies 'n bruin-dwerg is.
    20 min
  • 20 Mar 2016
    Die grootste sigbare meteoriet impakterrein op aarde is die een by Vredefort in die Vrystaat. Hennie Maas vertel meer oor 'n ander impakterrein geleë onder die see in die Golf van Meksiko wat blykbaar die dinousorusse uitgewis het. Vind ook uit oor die Marssending van die Europese Ruimte agentskap.
    20 min
  • 13 Mar 2016
    Daar word beweer dat as jy by die see is, die son jou meer bykom as op ander plekke. Kobus Olckers, ons sonweervoorspeller, vertel of dit waar is. Hy brei ook uit oor die verskillende strale van die elektromagnetiese spektrum wat van die son af kom. En daar is 'n gesprek met Kevin Govender van die Kantoor vir Sterrekunde-ontwikkeling, wat teen die einde van die maand die eerste Suid-Afrikaner sal word wat die gesogte Edinburgh-medalje in Skotland ontvang.
    20 min
  • 6 Mar 2016
    Twee satelliete wat om die aarde wentel, speel 'n groot rol om massas soos water te bepaal. Selfs grondwater kan deur die Grace-satelliete gemeet word. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory verduidelik hoe die satelliete werk. Daar is ook inligting oor die Cassini-tuig wat verlede jaar deur die waterspuite van een van Saturnus se mane, Enceladus, gevlieg en watermonsters versamel het.
    21 min
  • 28 Feb 2016
    Die grootste geslote sterrebondel in die Melkweg is Omega Centauri. Dit is snags naby die Suiderkruis te sien. Daar word ook gepraat oor die katalogusname wat aan voorwerpe gegee word, soos die Messier-nommers, die NGC en die Flamsteed-nommers. Jy kan ook luister na die vreemde musiek wat in 1969 aan die donker kant van die maan gehoor is.
    20 min
  • 21 Feb 2016
    Dit lyk of die landingstuig Philae, wat skeef geland het op die komeet Churyomov-Girasimenko, finaal gaan slaap het. Pogings om die tuig aan die gang te kry, het misluk. Daar is ook nuus oor 'n vry-swewende planeet wat ontdek is. Dit het 'n massa wat agt keer groter is as Jupiter.
    20 min
  • 14 Feb 2016
    Prof. Matie Hoffman van die Fisikadepartement van die Universiteit van die Vrystaat praat oor die belangrike ontdekking van gravitasiegolwe, wat deur Albert Einstain voorspel is.
    20 min
  • 7 Feb 2016
    Daar is al baie teorieë geformuleer oor hoe die maan onstaan het. Daar is nou 'n nuwe teorie waarin isotope 'n belangrike rol speel. Daar is ook inligting oor 'n hele ry planete wat vroeg soggens in die noordooste te sien is.
    20 min
  • 31 Jan 2016
    Almal is gaande oor die sogenaamde negende planeet wat ontdek is. Dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië verduidelik wat dit is, en dat die planeet nog nie waargeneem is nie, maar dat daar ander verskynsels is wat dui op sy bestaan. Dr. van Zyl se kollegas by Caltech het die ontdekking gemaak.
    20 min
  • 24 Jan 2016
    Die teleskoop kan beskou word as die ruggraat van sterrekunde. Dit was met 'n nederige teleskoop dat Gallileo Gallilei Jupiter se 4 mane waargeneem het. Die span gesels oor die verskillende soorte teleskope en watter rol saamgestelde spieëls deesdae in teleskope speel. Die sg Gaint Magellan Telescope gaan, wat sy primêre spieël betref, sewe spieëls van 8,4 meter elk hê om een saamgestelde spieël te vorm.
    20 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.