Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 17 Jan
    Ons is almal bewus van een van die mees algemeenste fisiese kragte: gravitasie. Dit is wat alles op aarde grond toe wil laat val en veroorsaak dat ons moeg word. In Sterre en Planete gesels die span oor gravitasie in ons sonnestelsel. Dit is veral interessant om agter te kom wat die korrelasie tussen massa en gravitasie is. Die span is prof. Matie Hoffman en Willie Koorts.
    21 min
  • 10 Jan
    Satelliete speel 'n belangrike rol om weervoorspellings so noukeurig as moontlik te doen. Nico Kroese van die Suid-Afrikaanse Weerdiens gesels oor die funksionering van die satelliete en waar die satelliet lê wat deur die SA Weerdiens gebruik word. Waarom is die El Nino verskynsel in die Stille Oseaan? Het die son 'n bepaalde effek op daardie deel van die aarde? Dit is waaroor Kobus Olckers gesels.
    20 min
  • 3 Jan
    Die Cassini-tuig wat die afgelope jare in die omgewing van die ringplaneet, Saturnus, gewentel het, het in Desember 'n nabyvlug by een van Saturnus se mane onderneem. In Sterre en Planete gesels dr. Japie van Zyl van JPL oor Cassini se vlug verby Enceladus. Die span gesels ook oor 'n sending na Mars wat uitgestel moes word.
    21 min
  • 27 Dec 2015
    Space X het toe uiteindelik daarin geslaag om 'n vuurpyl te herwin na afloop van 'n volwaardige sending. Die span praat oor die Space X-projek en wat die voordele is om 'n vuurpyl te herwin. Daar is ook nuus oor 'n Supernova wat pas waargeneem is. Sterrekundiges het geweet van die nova wat moes verskyn. Dis nogal besonders omdat Supernovas nie hulle verskyning aankondig nie.
    21 min
  • 20 Dec 2015
    Die span gesels oor die verskil tussen sontyd en sideriese tyd. Daar word ook gepraat oor die daglengte van 'n planeet soos Mars en waarom die planeet roteer in die rigting wat hy wel roteer.
    21 min
  • 13 Dec 2015
    Hoe word eksoplanete opgespoor? Dit is een van die vrae wat dr. Rudi Kuhn van die SA Sterrewag beantwoord. Dr. Kuhn het sy doktoraal op die gebied van eksoplanete gedoen. Hy brei uit oor die bepaling van die grootte van eksoplanete en hulle afstande van hulle sonne af. En Kobus Olckers gesels oor die rol van sonaktiwiteit in die huidige droogte en of koolsuurgas die enigste drywer is.
    20 min
  • 6 Dec 2015
    Dr. Japie van Zyl praat oor die El Nino effek en watter rol die Jet Propulsion Laboratory se satellite speel om die effek waar te neem. Die soort weertoestande is baie ingewikkelder as wat meeste mense dink en alles kan nie bloot aan klimaatsverandering toegeskryf word nie.
    20 min
  • 29 Nov 2015
    Blue Origin het daarin geslaag om sommer met die intrapslag 'n vuurpyl sowat 100 km die lug in te stuur en veilig weer terug aarde toe laat kom. Die span gesels oor die poging en wat dit beteken. Daar is ook inligting oor die Oriongroep wat deesdae mooi sigbaar in die hemelruim is. Die groep het 'n paar interessante verskynsels, soos 'n rooi reus en 'n gasnewel.
    20 min
  • 22 Nov 2015
    Die afgelope weke het mense nogal heelwat meteore die lugruim sien binnekom. Die span gesels oor hierdie besoekers uit die buitenste ruim. Daar is ook inligting oor sogenaamde paralelle heelalle en dwergplanete.
    20 min
  • 8 Nov 2015
    As mens na foto's kyk, wat van ruimtevoorwerpe geneem is, dan tref die pragtige kleure jou onmiddellik. Wim Filmalter van die Suid-Kaap vertel hoe die kleure verkry word. En sonweervoorspeller, Kobus Olckers, verduidelik hoe die son se siklusse die aarde se weerstelsels beïnvloed.
    19 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.