Blue Origin het daarin geslaag om sommer met die intrapslag 'n vuurpyl sowat 100 km die lug in te stuur en veilig weer terug aarde toe laat kom. Die span gesels oor die poging en wat dit beteken. Daar is ook inligting oor die Oriongroep wat deesdae mooi sigbaar in die hemelruim is. Die groep het 'n paar interessante verskynsels, soos 'n rooi reus en 'n gasnewel.