Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 22 May 2016
    'n Bloumaan beteken gewoonlik twee volmane in een maand. Die span gesels oor 'n ander bloumaan. Daar is ook inligting oor wat 'n Lagrange-punt in die ruimte is. Dit is by Langrange 2 wat die James Webb ruimteteleskoop uiteindelik tot rus sal kom. En dan praat Willie Koorts ook oor 'n nuwe kalibrasiemetode wat by SALT in werking gestel is.
    21 min
  • 15 May 2016
    Daar was die afgelope week groot opwinding oor Mercurius se oorgang voor die son. Daar is ook inligting oor die rooi planeet, Mars, wat tans baie helder is. En die span bespreek die vraagstuk oor hoe sterrestelsels teenoor mekaar georiënteer is, en of hulle 'n invloed op mekaar het.
    20 min
  • 8 May 2016
    Magda Streicher van Polokwane is 'n ywerige sterrekyker. Sy gesels oor haar stokperdjie en hoe asterismes gesoek en gerapporteer word. Kobus Olckers praat ook oor die skade van 'n reuse Corona Massa-uitbarsting op die aarde kan veroorsaak as hierdie songebeurtenis geo-effektief is – met ander woorde direk na die aarde toe uitbars.
    20 min
  • 1 May 2016
    Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory praat oor laseraandrywing in die ruimte. Met 'n lasterstraal met 'n deursnit van 10 km sal dit moontlik wees om 'n satelliet en spieël wat 1 gram weeg, binne drie dae na Mars toe te stuur – maar daar is praktiese probleme.
    21 min
  • 24 Apr 2016
    Wat is 'n mini-volmaan? En luister na die klanke wat planete maak. Die "klanke" word met behulp van plasma-antennas opgeneem en gedekodeer sodat dit binne die frekwensiebereik van 20 tot 20 000 Hz val en vir die menslike oor hoorbaar is.
    21 min
  • 17 Apr 2016
    Dit verg nogal geduld om die maan met jou selfoon deur 'n teleskoop af te neem, maar as jy dit regkry, is die resultate dikwels verstommend. Die span gesels oor die huidige naghemel,en veral die maan. Daar is ook inligting oor 'n besondere radioteleskoop in Indië, die Reuse Metergolf Radioteleskoop. Suid-Afrikaanse sterrekundiges het 'n belangrike bevinding oor die belyning van gravitasiekolke gemaak deur die teleskoop te gebruik.
    21 min
  • 10 Apr 2016
    Kos Coronaios is 'n amateursterrekundige van Louis Trichardt wat hom toespits op astrofotografie. Hy vertel watter stellings hy op sy DSLR-kamera maak om sterrefoto's te neem. En sonkenner Kobus Olckers praat oor filamente wat op die son voorkom.

  • 3 Apr 2016
    Talle instansies, ook in Suid-Afrika, is tans besig om sogenaamde “Cubesats” te bou. dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor die voordele van die klein satelliete. Hy praat ook oor die proses wat gevolg word as nuwe projekte uitgedink word.

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.