Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 9 Oct
    Ruimteweervoorspelling is nodig vir kommunikasie- en elektriesestelsels. Kobus Olckers van Florida in Amerika praat oor die noodsaaklikheid van die voorspellings. Hy skets ook wat die rol van siklone is om van energie ontslae te raak. En daar is 'n bydrae oor 'n besondere projek wat op Secunda deur 'n groep skoliere onderneem word in samewerking met die plaaslike amateurradioklub.
    22 min
  • 2 Oct 2016
    Hoewel vroeër daaroor bespiegel is, het Nasa nou vasgestel dat daar water uit een van Jupiter se mane, Europa, spuit. Dr. Japie van Zyl praat oor die ontdekking en wat die implikasies daarvan is. Daar is ook sprake dat die water wat uitspuit, sout is en dit impliseer dat die maan soutwater in sy kern het. Nasa se missie is om vas te stel wat die eienskappe van die water is deur deur die waterspuite te vlieg.
    21 min
  • 25 Sep 2016
    Die Iziko Planetarium in Kaapstad is die tweede planetarium in Suid-Afrika wat van digitale tegnologie gebruik sal maak. Die bestuurder van die planetarium, Theo Ferreira, gesels oor sy nuwe speelding. Prof. Matie Hofmann neem ook aan die gesprek deel want hy is in Kaapstad om verdere opleiding te kry om die nuwe sagteware te beheer. Prof. Hofmann is die hoof van die digitale planetarium op Naval Hill in Bloemfontein.
    21 min
  • 18 Sep 2016
    Die ruimtetuig Rosetta het 'n tyd gelede 'n klein ruimtelander, Philae, op die komeet Churyomov-Girasimenko laat land. Die landing was egter 'n mislukking want die tuig kon nie data terugstuur nie omdat sy landingsposisie verkeerd was. Ruimtewetenskaplikes het die afgelope dae daarin geslaag om die tuig waar te neem op die komeet. En daar is inligting oor hoe asteroïdes opgespoor word.
    21 min
  • 11 Sep 2016
    Francois Rautenbach van Pretoria het met 'n bietjie speurwerk die sagteware en onderdele van een van Apollo se eerste rekenaars opgespoor. Die span praat met hom oor die gesofistikeerdheid van hierdie soort rekenaars en hoe dit gebruik is. Kobus Olckers gesels ook oor Auroras en die verband tussen sonsiklusse en weerpatrone.
    21 min
  • 4 Sep 2016
    Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel van die nuwe hoed wat hy opgesit deur verantwoordelikheid te aanvaar as Direkteur van Sonnestelsel-eksplorasie. Hy brei uit oor die opwindende nuwe projekte waarmee hulle besig is soos om 'n asteroïde in 'n net te gaan vang.
    21 min
  • 28 Aug 2016
    Die ontdekking van 'n nuwe planeet wat om een van die sterre in die Alfa Centauri-groep wentel, het sterrekundiges gaande. Willie Koorts en prof. Matie Hofmann gesels ook oor die gedeeltelike sonverduistering wat oor groot dele van Suid-Afrika gesien kan word.
    21 min
  • 21 Aug 2016
    'n Aardagtige planeet is in die omgewing van Proxima Centauri waargeneem. Proxima Centauri is in die omgewing van die naaste ster aan ons, Alfa Centauri. Die span praat ook oor 'n vyfde natuurkrag wat ontdek is.
    21 min
  • 14 Aug 2016
    As die son wil, kan hy 'n gevaarlike kalant wees. Kobus Olckers praat oor die katastrofiese moontlikhede as 'n groot magnetiese sonuitbarsting die aarde tref. Hy verduidelik ook wat die verskil is tussen die gewone weervoorspelling en 'n sonweervoorspelling. En 'n amateursterrekundige, Johan Smit, verduidelik waarna mense moet kyk as hulle teleskope wil koop.
    21 min
  • 7 Aug 2016
    Alle oë en ore is deesdae gespits by die Jet Propulsion Laboratory, want die Juno-ruimtetuig by Jupiter het pas 'n kritieke maneuver uitgevoer. Dr. Japie van Zyl van die JPL vertel van die stappe wat volg noudat die tuig nader aan die planeet beweeg. Hy praat ook oor die snelheid van 200 000 km/h wat Juno bereik het onderweg na die planeet. Juno is een van die ruimtetuie wat die vinnigste na sy teiken beweeg het.
    21 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.