Die Iziko Planetarium in Kaapstad is die tweede planetarium in Suid-Afrika wat van digitale tegnologie gebruik sal maak. Die bestuurder van die planetarium, Theo Ferreira, gesels oor sy nuwe speelding. Prof. Matie Hofmann neem ook aan die gesprek deel want hy is in Kaapstad om verdere opleiding te kry om die nuwe sagteware te beheer. Prof. Hofmann is die hoof van die digitale planetarium op Naval Hill in Bloemfontein.