Hoewel vroeër daaroor bespiegel is, het Nasa nou vasgestel dat daar water uit een van Jupiter se mane, Europa, spuit. Dr. Japie van Zyl praat oor die ontdekking en wat die implikasies daarvan is. Daar is ook sprake dat die water wat uitspuit, sout is en dit impliseer dat die maan soutwater in sy kern het. Nasa se missie is om vas te stel wat die eienskappe van die water is deur deur die waterspuite te vlieg.