Space X het toe uiteindelik daarin geslaag om 'n vuurpyl te herwin na afloop van 'n volwaardige sending. Die span praat oor die Space X-projek en wat die voordele is om 'n vuurpyl te herwin. Daar is ook nuus oor 'n Supernova wat pas waargeneem is. Sterrekundiges het geweet van die nova wat moes verskyn. Dis nogal besonders omdat Supernovas nie hulle verskyning aankondig nie.