Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 14 May
    Koronamassa-uitbarstings is van die hewigste aktiwiteite op ons ster, die son. Kobus Olckers, ons sonweerkundige, praat hieroor en sluip-uitbarstings wat niemand van weet nie. Daar is ook 'n bydrae deur prof. Matie Hoffman oor die asteroïede wat onlangs verby die aarde geflits het.
    29 min
  • 7 May
    Die aksies van die Cassini-satelliet, wat in die omgewing van Saturnus wentel, trek steeds aandag. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel wat nou net Cassini gaan gebeur. Daar is ook inligting oor die Space Launch System, wat stadig besig is om gestalte te kry. Met die vuurpyl sal reise na ander planete aansienlik verkort word.
    30 min
  • 30 Apr
    Twee baie belangrike begrippe speel 'n kardinale rol in die ruimte – massa en swaartekrag. Wat is die verskil tussen die twee? Die span bespreek ook die besondere foto wat die Cassini-tuig van die aarde geneem het toe hy deur die Sarturnus se ringe beweeg het. Wat sou die uitwerking op die aarde wees as 'n groterige asteroiede op die aarde val? So iets is baie moontlik, en planne word reeds beraam om 'n asteroiede, wat die aarde nader, uit sy pad te skuif.
    30 min
  • 23 Apr
    Die privaatsektor is besig om sy stem al dikker te maak op die gebied van ruimtelogistiek en -navorsing. Die Cygnus-module is onlangs deur Space Alliance na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer. Die organisasie is een van 'n paar wat reeds ruimtetogte onderneem het. Die span gesels oor hierdie projek, en hoe die Gaia-satelliet al 'n paar jaar lank afstande tussen veraf sterre meet.
    28 min
  • 16 Apr
    Die grootste planeet in ons sonnestelsel, Jupiter, is deesdae in opposisie. Wat beteken dit? Cassini, die satelliet wat nou al 'n geruime tyd om Saturnus wentel, is besig om voorberei te word om teen die gasplaneet te bots. Cassini word opsetlik in 'n sekere baan geplaas om sy trajek al nader aan die planeet te bring. Daar word ook gepraat oor watter resolusie bereik kan word met kameras wat planeetoppervlaktes uit die ruimte afneem.
    29 min
  • 9 Apr
    Sekere verskynsels op die son kan lei tot beter weervoorspellings op aarde. Kobus Olckers verduidelik hoe die Rossby-golwe op die son, beter inligting tot gevolg kan hê. Daar is ook inligting oor 'n satelliet wat in die son se korona gaan inbeweeg om ons ster beter te bestudeer. En Willie Koorts praat oor die Lovejoy-komeet wat tans naby aan die aarde is.
    29 min
  • 2 Apr
    By die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, waar dr. Japie van Zyl een van die direkteure is, word daar aan verskeie projekte oor lang periodes gewerk. Hy vertel wat hierdie projekte behels. 'n Interessante vraag word ook beantwoord of die maanaktiwiteite van NASA binne die werksopdrag van Japie val. Daar word ook gepraat oor ioonaandrywing wat blykbaar die antwoord is wanneer lang ruimtereise onderneem word.
    27 min
  • 26 Mar
    Op sy pad deur die hemelruim, het die son pas die dag-en-nagewening bereik. Die span gesels oor die betekenis van hierdie posisie, en hoe dit uitgewerk is. Daar is ook interessante inligting oor ruimterommel wat 'n al hoe groter probleem word. Prof. Matie Hofmann sê daar is konvensies wat die aktiwiteite van satelliete en ruimterommel beheer, maar nie veel meer as dit nie. Die grootste gros voorwerpe wat om die aarde wentel, is onaktief en word as ruimterommel bestempel.
    20 min
  • 19 Mar
    Dit lyk of nanostalliete in die toekoms die in-ding sal wees. Die span praat oor hierdie soort satelliete en wat die impak daarvan op die oorbevolkte aardruim sal wees. Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts brei ook uit oor die reuse Andromeda-galaksie wat 2,4 miljoen ligjaar van die aarde af is. Wat die sterrestelsel merkwaardig maak, is dat mens dit op 'n donker aand met die blote oog kan sien - jy moet net weet waar om te kyk.
    21 min
  • 12 Mar
    Onlangse studies wys dat die intensiteit van kosmiese bestraling uit die ruimte besig is om toe te neem. Is dit iets om oor bekommerd te wees? Daar is ook 'n gesprek met Auke Slotegraaf van die Wes-Kaap. Hy is 'n amateursterrekundige wat veral op die diepruim konsentreer. Hy vertel van een van die skouspelagtige sterreswerms wat met die blote oog naby die Suiderkruis te sien is. Omega Centauri.
    20 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.