Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    Die boek, Sterre en Planete, is onlangs gepubliseer. Dit is in Pretoria en Bloemfontein bekendgestel, waar die gaste kon luister na 'n spesiale samestelling van hoe die skrywers die skryf van die boek ervaar het. Die skywers is prof. Matie Hoffman, Willie Koorts, Kobus Olckers, dr. Japie van Zyl en Hennie Maas.
    30 min
  • Sterre en planete
    Die Jet Propulsion Laboratory werk saam met ander organisasies aan verskeie projekte. Dr. Japie van Zyl vertel meer van die JPL se samewerking met die APL van die Johns Hopkins Universiteit in Baltimore. Hy verduidelik hoe noukeurig hulle te werk moet gaan om te sorg dat die werk wat gedoen word, inpas by die vereistes van die JPL. Daar word ook gesels oor aandrywingsmiddels in die ruimte. Die JPL se planne met die buite-sonnestelsel asteroïde word ook bespreek.
    30 min
  • Sterre en planete
    Die span praat oor die eienaardige vorm van die vreemde asteroïde wat van buite ons sonnestelsel afkomstig is, en hoe dit waargeneem is. Hoewel tekens van water op Mars reeds gevind is, is daar nou 'n siening dat sommige sogenaamde waterstrepe waarskynlik sandstrepe is.
    31 min
  • Sterre en planete
    Daar is heelwat mense wat in die aand na die sterre kyk, en dan wonder “kyk ek na 'n ster of is dit 'n planeet?” Die span verduidelik hoe jy na die naghemel moet kyk. Daar is ook meer duidelikheid oor die somerkonstellasies en winterkonstellasies. Dit wil ook voorkom asof die eeu van die pendeltuie nog nie verby is die. Die VSA het pas 'n toets suksesvol voltooi vir die volgende generasie tuie wat werk in die ruimte moet doen.
    31 min
  • Sterre en planete
    Hoewel dit nie wyd bekend is nie, is Suid-Afrika ook aktief met satellietprogramme. Sias Mostert van die SCS Aerospace Groep vertel van een van hulle satelliete, die En Sight 1, wat reeds langer as 120 dae om die aarde wentel. Hy verduidelik wat die verskil is tussen 'n nanosatelliet en 'n kubsat, en wat die funksies daarvan is. Kobus Olckers, ons sonkenner in Florida in die VSA, verduidelik ook hoe die aktiwiteit van die son dopgehou kan word.
    28 min
  • Sterre en planete
    Dis ongelooflik hoe die mens gevorder het om die teenwoordigheid van planete en komete om ander sterre (sonne) aan te toon. Die span gesels oor die oorgangsmetode wat gebruik word. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe ses komete met hierdie metode gevind is wat om 'n ster wentel wat 800 ligjare weg is. Daar is ook nuus oor 'n komeet wat van iewers van buite ons sonnestelsel af naby die aarde verby beweeg.
    31 min
  • Sterre en planete
    Waarom is die grond se kleur op die maan so anders as die op Mars? Daar is ook inligting oor die nuwe Sterre en Planete boek, en die span gesels oor hulle wedervaringe om deel te wees van die boekskryfprojek. Hulle vertel ook van 'n nuwe virtuele speletjie waarmee jy, voor jou rekenaar of TV, die oppervlak van die rooi planeet kan verken. Die Dawn-projek by die asteroïede Ceres is intussen ook nuwe lewe ingeblaas.
    31 min
  • Sterre en planete
    Dit gebeur nie sommer dat sterrekundiges regoor die wêreld gaande raak oor 'n gebeurtenis in die ruimte nie. Dit het die afgelope week bekend geword dat 'n botsing van twee neutronsterre nie net gravitasiegolwe die ruimte ingestuur het nie, maar ook liggolwe. Die sterre het 130 miljoen jaar gelede gebots, en die lig van die ontploffing kon waargeneem word. Dit is ook die eerste keer dat gravitasiegolwe waargegeneem is, wat nie deur gravitasiekolke ontstaan het nie.
    30 min
  • Sterre en planete
    So elke nou en dan hoor mens van 'n swart ster of 'n nuwe planeet met die naam “X”. 'n Naam wat ook dikwels gehoor word is Niburu. Die span gesels oor die moontlikheid dat daar 'n negende planeet mag bestaan. Dis tans nog net teorie, maar wetenskaplikes het goeie rede om te meen dat daar wel so iets is. En 'n asteroïede het die afgelope week rakelings verby die aarde geflits. Die span vertel hoe moeilik dit is om so 'n hemelliggaam op te spoor.
    31 min
  • Sterre en planete
    Die Nobelprys vir wetenskap is onlangs toegeken aan 'n drietal Amerikaners vir hulle werk op gravitasiegolwe. Die span praat oor die belangrikheid van hierdie praktiese bevestiging van Einstein se bekende teorie. Die Amerikaners het 'n apparaat ontwikkel wat 'n verandering in gravitasie baie noukeurig kan meet. Die verandering staan bekend as 'n gravitasiegolf, soos golwe op die see.
    31 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.