Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete
    Dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië moes die afgelope week redelik bontstaan met die lansering van die Insight-satelliet na Mars. Dis die eerste diepruimsatelliet wat van die Amerikaanse Weskus af gelanseer is. Hy vertel hoe alles afgeloop het, en wat die pad vorentoe is met Insight. Hy praat ook oor 'n stel nuwe satelliete, Grace Follow On, wat belangrike werk sal doen om die beweging van water op die aarde te meet. Die span praat ook oor die nuwe generasie ruimteteleskope wat veel groter spieëls sal hê.
    31 min
  • Sterre en planete
    Die span praat oor die tegnologie van die nuwe generasie digitale planetariums, en die oudste teleskoop op Sutherland, die Radcliffe. Willie Koorts vertel 'n interessante storie oor die instrument.
    30 min
  • Sterre en planete
    Die span kyk na die verskil tussen 'n robotiese teleskoop en 'n teleskoop wat met afstandbeheer werk. En hulle verduidelik watter luglae 'n vuurpyl moet deurklief om die ruimte te bereik. Kobus Olckers kyk ook na ruimteweer.
    30 min
  • Sterre en planete
    Een van die tergendste vrae wat ruimtewetenskaplikes en die mensdom mee te doen het is: Wat is ewigheid? Die span gesels ook oor die proses wat gevolg word voordat 'n wetenskaplike bevinding, soos die ontdekkking van 'n supernova, bekendgemaak word.
    31 min
  • Sterre en planete
    Wat presies is sonlig? Watter deel van sonlig is dit wat jou brand? Kobus Olckers en die span praat oor die energie wat van ons ster, die son, af kom. Die span praat ook oor eksperimente wat met sonlig gedoen kan word. Ons gesels ook met Willem Esterhuyzen, die Algemene Bestuurder Ingenieurswese by SKA. Hy praat oor Meerkat wat nou ten volle operasioneel en geintegreerd is. Die eerste wetenskaplike publikasie van Meerkat het ook pas die lig gesien.
    31 min
  • Sterre en planete
    Dr Japie van Zyl gesels oor die feit dat die Curiosity marstuig sy sg 2000ste sol dag beleef het. 'n Sol dag is een Mars dag. Die ander naam vir ons ster, die son, is natuurlik Sol. Japie praat oor die mylpale wat reeds bereik is en waarvoor daar gemik word. Curiosity het op 6 Augustus 2012 in die Gale krater geland en is nou besig om stadig teen Mount Sharp uit te klim.
    31 min
  • Sterre en planete
    Die Kepler-ruimteteleskoop se brandstof is besig om op te raak. Die span praat oor die groot bydrae wat die teleskoop tot dusver gemaak. Die grootste gros eksoplanete wat tot dusver ontdek is, is deur die Kepler gedoen. Hulle praat ook oor afstand en tyd in die ruimte.
    31 min
  • Sterre en planete
    Hoe weet sterrekundiges dat die voorwerp wat hulle waarneem, 'n eksoplaneet is? Daar is nou al 3,741 eksoplanete waargeneem. Daar word ook gepraat oor 'n eksoplaneet wat 700 ligjaar weg is, en wat volgens waarnemings baie water het.
    30 min
  • Sterre en planete
    Laat alle sterre fakkels opvlam? Daar is ook nuwe inligting oor kosmiese strale. En Wim Filmalter verduidelik hoe om sterstrepe af te neem.
    29 min
  • Sterre en planete
    Een van instrumente wat die Insight-tuig na Mars aan boord sal hê, is 'n elektriese hamer waarmee 'n pen in die grond van Mars ingeslaan sal word. Dit is een van die onderwerpe wat bespreek word wanneer dr. Japie van Zyl van JPL aan die woord is. Die span vertel ook van 'n kubus-satelliet wat saam met Insight gelanseer sal word om te help met die kommunikasie tussen die tuig op Mars en die aarde.
    31 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.