Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 16 Augustus 2020
    Hoe vergelyk die ontploffing wat in 2013 deur 'n meteoor bokant Cheljabinks in Rusland gemaak is met die Beiroet-ontploffing? Daar is ook 'n vraag oor hoe die maan deur die jaar skuif. Elon Musk se maatskappy, Space X, is steeds besig om die Starlink-satellietnetwerk uit te brei. Sterrekykers het al begin kla omdat hierdie formasie satelliete hulle sterrekykaktiwiteite beïnvloed. Willie Koorts vertel wat gedoen word om die opsigtelikheid van die satelliete te verminder.
    29 min
  • Sterre en planete 9 Augustus 2020
    Hoe oud is die son? Kobus Olckers verduidelik hoe die ouderdom van 'n ster gemeet word. Daar was ook 'n luisteraarsvraag oor die noorderligte wat tydens hulle besoek aan Noorweë toe nie so spesiaal was nie. Kobus verduidelik ook wat die verskil is tussen die Solar Dynamic Observatory en die Parker-satelliet. En Lafras Smit is op sy pos met inligting oor wat in Augustus in die hemelruim te sien is.
    29 min
  • Sterre en planete 2 Augustus 2020
    Is daar 'n internasionale verdrag wat bepaal waar tuie op Mars kan land? Dit is een van die vrae wat dr. Japie van Zyl beantwoord. Hy praat ook oor hoe problematies dit is om uit te werk waar 'n tuig moet land. Dr. van Zyl het ook 'n hand gehad in drie projekte wat deel is van die Perseverance-sending na Mars.
    30 min
  • Sterre en planete 26 Julie 2020
    Die komeet, Neowise, het ruimtebelangstellendes in die noordelike halfrond gaande gehad. Ongelukkig het ons in die suide nie die voorreg gehad om hierdie aanskoulike verskynsel te sien nie. Maar daar is darem 'n troos dat Suid-Afrikaners in die volgende dae die komeet vroegaand in die noordweste, laag op die horison, sal kan sien. Die span gesels ook oor die vraag waar die middelpunt van ons sonnestelsel presies is.
    27 min
  • Sterre en planete 19 Julie 2020
    Suider-Afrikaans gebore wetenskaplikes en sterrekundiges het al hulle merk gemaak op die gebied van ruimteverkenning, soos die amateursterrekundige John Bennet, na wie die Bennetkomeet vernoem is. Daar is ook dr. Japie van Zyl, voorheen van JPL, wat 'n leidende rol gespeel het in die Amerikaanse ruimteprogram. Heel onlangs het 'n amateursterrekundige van Centurion, Clyde Foster, 'n verskynsel op Jupiter ontdek wat voorheen nooit waargeneem is nie. Dit staan nou bekend as Clyde's Spot. Clyde is aan die woord oor sy merkwaardige ontdekking.
    26 min
  • Sterre en planete 12 Julie 2020
    Die korrelasie tussen ruimteweer en die weer op Aarde kom dikwels onder die soeklig in Sterre en Planete. 'n Ruimteweerkundige en 'n aardse weerkundige is deel van die span wat deelneem. In ons steromgewing is dit ons son wat die drywer is van alles wat met die planete gebeur. Daar is ook inligting oor 'n Suid-Afrikaanse amateur sterrekundige wat 'n vreemde kolk op Jupiter waargeneem het. Niemand het dit nog voorheen gesien nie. Die verskynsel is nou na die sterrekundige in Centurion, Clyde Foster, vernoem as Clyde's Spot.
    28 min
  • Sterre en planete 5 Julie 2020
    In verlede se program het ons gepraat oor VVV's en weerballonne. Nou gee Johan le Roux meer inligting oor ander soort ballone wat deel vorm van Google se Loonprojek. Daar is ook 'n bespreking oor 'n ster wat heeltemal verdwyn het – iets ongewoon. Prof. Matie Hoffman praat vertel waarom Dinsdag 30 Junie Wêreld Asteroïededag genoem word.
    29 min
  • Sterre en planete 28 Junie 2020
    Hoewel die annulêre sonsverduistering 'n paar dae gelede in die noordelike halfrond beter gesien is, is daar tog mense in die suide wat foto's van die verskynsel geneem het. Die span praat oor die verduistering en wat annulêr beteken. Antares is een van die reusesterre in die hemelruim, en is tans mooi te sien in die Skerpioen-konstellasie. Die Europese Ruimte-agentskap het daarin geslaag om met behulp van verskeie teleskope 'n besondere beeld van die ster te bekom.
    30 min
  • Sterre en planete 21 Junie 2020
    Die span kry dikwels vrae oor vreemde voorwerpe wat in die lug gesien word. In die oorgrote meerderheid van die gevalle is dit lensrefraksie wat waargeneem word. 'n Luisteraarsvraag oor die ontstaan van die heelal word beantwoord asook 'n vraag oor of die bekende sterre wat ons kan sien soos Aldebaran, Sirius en Antares almal eksoplanete het.
    30 min
  • Sterre en planete 14 Junie 2020
    Wat is die verband tussen sonweer en die weer op aarde? Daar is ook inligting oor 'n pulsar wat deur 'n akresieproses besig is om kragtiger te word. Willie Koorts beantwoord 'n luisteraarsvraag oor hoe vuurpyle dit regkry om regop te bly staan, net voor die lansering.
    26 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.