Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 3 Januarie 2020
    Die V2-vuurpyl wat deur die Duitsers in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is, is die eerste vuurpyl wat suksesvol gebruik is. Jim Adams van Nasa praat oor aandrywingstelsels in die ruimte. Dis interessant om te hoor watter persentasie van die massa van ‘n vuurpyl, soos die Atlas, brandstof is wanneer dit afgevuur word.  Jim gesels ook die New Horizons-sending na Pluto toe die satelliet met gravitasiehulp van Jupiter, twee jaar vroeër by Pluto aangekom het.
    29 min
  • Sterre en planete 27 Desember 2020
    Die span kyk terug na ‘n paar belangrike ruimtegebeure die afgelope jaar, soos die suksesvolle Hayabusa 2-sending van Japan waartydens materiaal van die asteroïde Ryugu versamel is en suksesvol na die aarde teruggebring is. Nog ‘n belangrike gebeurtenis is dr. Japie van Zyl se dood, wat almal onkant gevang het.
    29 min
  • Sterre en planete 20 Desember 2020
    Baassterrekyker Lafras Smit gesels saam oor die konjunksie van Jupiter en Saturnus wat op 21 Desember sy  maksimum bereik. Willie Koorts praat oor ‘n bielie van ‘n digitale kamera wat gebou word om in ‘n teleskoop te pas. Hy verduidelik ook hoe die CCD-beginsel werk wat in so ‘n kamera gebruik word.
    29 min
  • Sterre en planete 13 Desember 2020
    Die konjunksie tussen Jupiter en Saturnus op 21 Desember trek baie aandag. Die span praat oor hierdie gebeurtenis wat elke paar honderd jaar plaasvind.  Kobus Olckers gesels oor die rol wat die Arecibo-teleskoop gespeel het om die Soho-sonsatelliet weer terug in sy baan te kry nadat die reaksiewiele per ongeluk afgeskakel is. En Lafras Smit vertel wat in die hemelruim te sien is in Desember.
    29 min
  • Sterre en planete 6 Desember 2020
    Aandrywing in die ruimte raak al hoe meer ‘n kwessie soos ruimtetuie verder in die ruimte in beweeg. Jim Adams praat oor die rol wat kernkrag in die toekoms van ruimteverkenning kan speel. NASA het in die verlede reeds na verskeie opsies gekyk om kernkrag in te span. Een daarvan was die korrelbedreaktor wat in Suid-Afrika ontwikkel is.
    29 min
  • Sterre en planete 29 November 2020
    Willie Koorts was op Sutherland betrokke by die oprigting van ‘n nuwe koepel met sy teleskoopbehuising. Hy verduidelik hoe waterpas die vloer moet wees om die teleskoop korrek te monteer. Daar is nuus oor die Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico wat die einde van sy lewe bereik het. Prof. Matie Hoffman beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor ‘n waterstofwolk wat besig is om ons sterrestelsel te nader.
    26 min
  • Sterre en planete 22 November 2020
    Wat is die verband tussen ‘n draaiende tol en die tolbeweging van die aarde? Ruimtewetenskaplikes het ‘n asteroïede gevind wat geheel en al uit metale saamgestel is. Op die aarde sal hierdie klip triljoene dollar werd wees. Daar is ook inligting oor die asteroïede, Apophis, wat die aarde moontlik oor ‘n paar dekades kan tref.
    29 min
  • Sterre en planete 15 November 2020
    Kan ‘n ander satelliet dieselfde baan hê as die Internasionale ruimtestasie?  Daar is inligting oor kleiner sterrestelsels naby die melkweg. Kobus Olckers gesels oor hoëspoed partikels wat van die son af kom en moontlik skade aan satelliete kan aanrig.
    25 min
  • Sterre en planete 8 November 2020
    Die span praat oor ’n proteïen wat in ‘n meteoriet gevind is.  Sou dit op lewe elders kan dui? Daar is ook meer inligting oor ‘n reuse ontploffing wat miljoene ligjare gelede in die ruimte plaasgevind het. En ‘n satelliet gaan opgestuur word om ander satelliete te gaan diens.
    30 min
  • Sterre en planete 1 November 2020
    Die span praat oor water op die maan bespeur is met ‘n spesiale teleskoop wat in ‘n Boeing 747 gemonteer is, en die sending na die asteroïede, Bennu.  Jim Adams verduidelik waarom dit so belangrik is dat die asteroïede monsters wat op Bennu opgeskep is, nie tydens die terugvlug verlore gaan nie.  Hy praat ook oor die aard van die water op ons maan, en waarom dit nie vroeër opgemerk is nie.
    30 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.