Die V2-vuurpyl wat deur die Duitsers in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is, is die eerste vuurpyl wat suksesvol gebruik is. Jim Adams van Nasa praat oor aandrywingstelsels in die ruimte. Dis interessant om te hoor watter persentasie van die massa van ‘n vuurpyl, soos die Atlas, brandstof is wanneer dit afgevuur word. Jim gesels ook die New Horizons-sending na Pluto toe die satelliet met gravitasiehulp van Jupiter, twee jaar vroeër by Pluto aangekom het.