Die konjunksie tussen Jupiter en Saturnus op 21 Desember trek baie aandag. Die span praat oor hierdie gebeurtenis wat elke paar honderd jaar plaasvind. Kobus Olckers gesels oor die rol wat die Arecibo-teleskoop gespeel het om die Soho-sonsatelliet weer terug in sy baan te kry nadat die reaksiewiele per ongeluk afgeskakel is. En Lafras Smit vertel wat in die hemelruim te sien is in Desember.