Sterrekunde in Suid-Afrika is 200 jaar oud. Willie Koorts praat oor die vroeë geskiedenis van sterrekunde aan die suidpunt van Afrika. Matie Hoffman verduidelik waarom ‘n swerwersplaneet sonder ‘n son in die ruimte kan ronddryf. Daar is ook inligting oor waarom radiosterrekundiges kommer uitgespreek het oor die Starlink-satelliete van Elon Musk, waarvan daar al 653 gelanseer is.