Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 1 Augustus 2021
    Jim Adams vertel van die sonsendings waarby hy betrokke was.  Van die belangrikstes is die Soho en Solar Dynamic Observatory sendings.  Dis interessant dat die tuie nie noodwending baie naby aan die son moet kom om navorsing te doen nie.
    27 min
  • Sterre en planete 25 Julie 2021
    Die Britse entrepreuneur, Richard Branson, het skaars sy voete van die aarde af gelig of Amazon se Jeff Bezos besluit om nog beter te doen. Die afgelope week het Blue Origin, ruimtetoeriste selfs verder die ruimte in geneem tot anderkant die Karmanlyn. Die span praat oor die twee ruimtevlugte met toeriste. Lafras Smit verduidelik ook hoekom hy daarvan hou om na Copernicus, een van die kraters op die maan, te kyk.
    28 min
  • Sterre en planete 18 Julie 2021
    Sir Richard Branson en sy span het die afgelope week die voorblaaie gehaal met sy poging om die eeu van ruimtetoerisme in te lui. Die span praat hieroor, en verduidelik ook hoe ruimtewetenskaplikes mik om ‘n tuig op ‘n spesifieke datum by ‘n planeet te laat aankom, veral as die tuig agt maande neem om byvoorbeeld na Mars te reis.
    27 min
  • Sterre en planete 11 Julie 2021
    Wat is die verskil tussen son- en ruimteweer?  Die span praat ook oor die Chinese tuig, Zhuron, wat pas op Mars geland het. Jy kan ook hoor na klanke wat die tuig op Mars maak. Die kwessie van rigting, wedvlugduiwe en sonaktiwiteit word ook bespreek.
    29 min
  • Sterre en planete 4 Julie 2021
    Waarom is die Karmanlyn so belangrik vir ruimtetoerisme? Die span praat oor die nuwe soort toerisme en wat dit kos om op ‘n ruimtevlug te gaan.  Waarom sou mens op so ‘n vlug gaan?  Is dit die sensasie van gewigloosheid, of om die aarbol uit ‘n ander hoek te sien?  Die span kyk ook na ‘n belangrike mylpaal wat bereik is by die SKA-projek.
    29 min
  • Sterre en planete 27 Junie 2021
    Wat is ‘n spookson? Daar is inligting oor hoe mens te werk moet gaan om diepruimastrofotografie te beoefen.  Lafras Smit is op sy pos om oor Julie se sterrehemel te gesels. Soos alle rekenaars, gee een van die Hubble-ruimteteleskoop se rekenaars nou probleme. Wat doen mens in so ‘n geval?
    26 min
  • Sterre en planete 13 Junie 2021
    'n Luisteraar het gevra of sonuitbarstings iets soos ‘n pasaangeër kan beinvloed.  Kobus Olckers beantwoord dié vraag. Daar is wenke oor hoe en wanneer om die maan af te neem. Wat beteken dit as sterrekundiges van magnitude praat?
    28 min
  • Sterre en planete 6 Junie 2021
    Sterre en Planete se Nasa-spanlid, Jim Adams, praat oor die prioritisering van ruimtesendings. Vrae wat gevra word, is wie besluit watter sending moet onderneem word; wat van duplisering in ruimtesendings; hoe word sendings befonds; en wat is Nasa se rol in die VSA se ruimtesendings?
    28 min
  • Sterre en planete 30 Mei 2021
    In Sterre en Planete word daar dikwels gepraat van sterrekundiges, kosmoloë en planetêre wetenskaplikes.  Wat is die verskil? ‘n Vraag oor die transmissiesnelheid van seine tussen radioteleskoopskottels word ook beantwoord. En daar word gepraat oor Clyde Foster se sterrewag na aanleiding van ‘n besoek daar.
    24 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.